Terwyl die kinders bad, sit ek hier by die rekenaar, en kry myself jammer oor hoe moeg ek is. Ek wil 'n curry chips eet en vergeet van trourokke en die silver is nie dieselfde as die skoene nie en die bridesmaids se rokke moet almal presies dieselfde lengte wees vir foto's. Alles gaan oor foto's.. Maak die saak of die een baie langer en vetter is en die rok se lengte simpel lyk nie.... Die foto's gaan nie so goed lyk, as sy beter lyk nie.
En hoe meer jy kan doen, hoe meer word verwag. Don't worry, Stephanie can do anything. Is die skoene nie bietjie laag nie? Ek worry nie om te kan loop nie, net solank dit goed lyk. Die baadjie se moue is 5mm te lank. Ek dink ons moet iets daaraan doen.
Ek wil hê ons moet die rok se middel invat sodat dit lyk of ek een het, maar die rok moenie styf sit nie.....
En die handsak is 'n skakering donkerder as die rok en nêrens kry hulle die regte kleur nie. Nou hoekom bind ons nie die uitrusting en die handsak met 'n blom of iets van die selfde materiaal as die rok nie. En ek het kralletjies van die kleur, vir op die handsak. Stephanie, you are class. You are a saint. How do you think of these things.
Ek is moeg om probleme op te los wat nie probleme is nie. Gebruik die geld vir 'n nuwe handsak en gee vir 10 ou mense, blomme.
Ek is te moeg om te tik. Curry, hier kom ek..
No comments:
Post a Comment