Ek sit in 'n land waar Halloween net so groot soos Kersfees is. Huise word versier en bakke sweeties en neute word uitgesit vir die buurt se kinders wat die 31ste kom 'trick or treat'. Laasweek het ek vir 'n tydjie gewonder of ons die regte ding doen om in te koop, in die hele ding.. Dit kan baie dark wees en die duiwel soek gate of maak gate. Ek weet. En ek probeer dink aan wat dit aan my kinders doen.
Na gisteraand voel ek net weer, dat partykeer is dinge wat jy daarvan maak en in dit sien..
Ons bly in 'n stil omgewing. Donkertyd is al die kinders in die huise en als is stil buite.
Op Halloween wag almal tot dit donker is, om uit te kom en die strate is vol ouers en kinders wat almal opge'dress' is, en by al die bure gaan sweets vra. Ons voordeurklokkie lui konstant en mense wat jy gewoonlik nooit sien nie, kom en is in 'n goeie bui en almal lag en geniet 'n rede om snaaks te lyk en sweets te kry...
Tuesday, 1 November 2011
Tuesday, 11 October 2011
Best day of my life
Partykeer in die lewe, is daar tye van absolute vreugde. Niks maak saak as die oomblik van nou nie. Elke oomblik is net: Lekker! En as jy in my kop kon wees, sou jy sien dis few en far between.
My kinders het 'n fliek waar die seuntjie- as iets lekkers gebeur - sê: This is the best day... ever.
Vandag kan ek dit ook sê.
Ek is 'n Suid-Afrikaner, in Ierland. Ons kuiers in SA is almal saam, maar om te dink dat almal sal by my kuier op een slag, is so vêr gesog dat ek probeer om nie te droom nie.
My ma en 'n suster sou kom kuier. Ek het geweet my ma en my oudste suster kom, maar almal het my ander suster se saamkom, stil gehou. Ek het niks verwag nie. Wat 'n wonderlike verassing!! Ons almal saam.
Ierland is baie vêr van die huis af en om almal om 'n tafel te sit en tee drink, was 'n droom. Om my huis te wys en wat ons als doen.. Die tuin. Die kinders se skool. Berg paaie.. Tearooms.. Die mark... Saam by die pub te eet.. Foto's met ons almal saam..
This is the best day ever...

Saturday, 17 September 2011
Kerrie, hier kom ek.
Terwyl die kinders bad, sit ek hier by die rekenaar, en kry myself jammer oor hoe moeg ek is. Ek wil 'n curry chips eet en vergeet van trourokke en die silver is nie dieselfde as die skoene nie en die bridesmaids se rokke moet almal presies dieselfde lengte wees vir foto's. Alles gaan oor foto's.. Maak die saak of die een baie langer en vetter is en die rok se lengte simpel lyk nie.... Die foto's gaan nie so goed lyk, as sy beter lyk nie.
En hoe meer jy kan doen, hoe meer word verwag. Don't worry, Stephanie can do anything. Is die skoene nie bietjie laag nie? Ek worry nie om te kan loop nie, net solank dit goed lyk. Die baadjie se moue is 5mm te lank. Ek dink ons moet iets daaraan doen.
Ek wil hê ons moet die rok se middel invat sodat dit lyk of ek een het, maar die rok moenie styf sit nie.....
En die handsak is 'n skakering donkerder as die rok en nêrens kry hulle die regte kleur nie. Nou hoekom bind ons nie die uitrusting en die handsak met 'n blom of iets van die selfde materiaal as die rok nie. En ek het kralletjies van die kleur, vir op die handsak. Stephanie, you are class. You are a saint. How do you think of these things.
Ek is moeg om probleme op te los wat nie probleme is nie. Gebruik die geld vir 'n nuwe handsak en gee vir 10 ou mense, blomme.
Ek is te moeg om te tik. Curry, hier kom ek..

Sunday, 4 September 2011
Partykeer blêddie eensaam om 'n ma te wees
Ek ken iemand wat altyd so bly is, dat haar kinders weer skool toe is. Sy sê hulle maak haar klaar. Hulle luister nie, gedra hulle nie. Hardloop die plek vol. Eet die huis leeg..
Ek het daarna besluit dat ek nie daai ou gaan wees nie. Ek wil my tyd by my kinders geniet. Hulle het nou 2 maande vakansie gehad. Hulle het laat opgestaan en partykeer eiers en toast vir ontbyt gekry, want dis vakansie. Hulle nefie het bietjie kom kuier. Ons was strand toe. Hulle het piekniek gehou en baie gespeel. Ons het gaan fliek. En dis tye soos dan, wanneer ek so bly is dat ek by die huis is, om dit vir hulle te kan doen.
Die nuwe skooljaar het Donderdag, die 1ste September begin.en ek het so gewens ek kon hulle nog 'n dag by die huis kon hou.
Ek dink dis partykeer so 'n blêddie eensame harde werk om ma te wees. Die moeilikste situasies is my verantwoordelikheid.
Ek begin ook dink dat ek te veel voel. Ek dink dis hoekom ek so depressed word. Ek voel alles diep.
(Dit was 'n goeie ding toe my pa oorlede is. Ek het vir 'n tyd baie min gevoel. Dit was wonderlik. Die 'beste' weke van my lewe. Ek het gedink niks is so erg soos wat nou net gebeur het nie. Niks anders maak so saak nie.Dit het my vry gemaak van my.)
Maar met tyd het ek daardie ability weer verloor-ongelukkig..
Ons het rolle in die huis en een van myne is om siek kinders dr toe te vat en tandartse wat gebreekte tandjies trek en ek moet saam met die kind daardeur kom. My oudste se afsprake by die voetdokter en die OT. Bloed trekkings en die sielkundige wat sê dat sy dink my kind het 'n intelegensie probleem. Gewoonlik is dit ek wat hulle emergency toe vat, soos die keer toe sy swine flu gehad het, en ek kon sien iets is baie groot fout met die kind of die keer toe die ander een blaasontsteking gehad het en in Ierland word antibiotika eers na 4 dae gegee..
Deels is die reling so, omdat dit makliker vir almal is, as ma gaan want pa werk en deels is dit my attempt om die huis aan mekkaar te hou, want pappie val letterlik uit mekkaar uit as iets fout is, met die kinders. Sy wêreld bliksem inmekkaar en ek moet al my emosionele krag gebruik om als aanmekkaar te hou.
Dis fine. Ek is sterk, maar Donderdag was moeilik. My kinders in hulle splinternuwe pinafors, reg vir skool. Ek ry weg van die skool af en my lewe val uit mekkaar. Ons het nie eiers en toast geëet nie. Net stupid-dis-tyd-vir-skool-pap. Ek het gewens my ma is naby vir tee..

Sunday, 28 August 2011
'n Paar los gedagtes
Ek het 'n paar gedagtes wat ek nie uit my kop kry nie. 'n Paar vrae wat ek nie kan beantwoord nie. Niks ernstig nie, dit bly net maal.
-En 'n dankbaarheid vir my familie. My skoonsuster noem dat ek haar al 'n paar keer die selfde vraag gevra het. Ek is net so 'dankbaar', for lack of a better word. Daarom dat ek wil hoor of almal soos ek voel: Is jy nie ook dankbaar dat ons familie nie in die hof boer of drugs in die attic het, en so aan nie? In Ierland was die mense wat die dagga kweek, die wat nie sneeu op die dak het nie.
Die vraag klink bietjie juvenile. Vir een of ander rede het ek baie real life crime programme begin kyk en rerig begin begryp hoe dit families skeur en vernietig. En dit het my so dankbaar gelos. Ek het 'sout van die aarde' skoonouers. 'n Ma met 'n groot hart. Broers en susters, swaers en skoonsusters wat hard werk en 'n reguit pad loop. Jy moan en groan, maar doen wat reg en goed is.
-Dan wonder ek ook baie oor hoekom ek (en my man) so lief vir speelgoed is. Nie vir speel nie. Wel, ek speel lego. Elke Kersfees/Jan. as werk min is. Bou huise wat ek self sal wil hê. My pa was siek en ek het 'n huis begin bou en vir weke het elke gryntjie krag in die huis gegaan. My kop wou wegkom en dit was wegkom. 'n Kasteel einlik. 45 kamers. Watervalle. garages.. In elk geval, gewoonlik net vir uitstal en versamel. Daar is 'n baie groot satisfaksie wat ek daaruit kry, om na my versameling te kyk. Ek koop nie enige iets nie. Het baie spesiale lego's, Toy story karakters. Uitstekend gemaak. Die plastiek gebruik is van die ou soort soos toe ek klein was. Sag en durable. Baie, goeie detail.
Toe ek baie klein was, onthou ek een spesifieke keer was ek speelgoed begrawe het, maar bietjie later jare het ek baie mooi na alles omgesien en baie waarde geheg aan my speelgoed. Daai tyd het jy boksies lego gekry wat soos 'n tassie oopmaak. En ek het 'n smurf huisie gehad, van die goeie kwaliteit plasiek waarvan ek genoem het. My broers en susters was baie ouer as ek en toe ek klein was, het hulle al aan trou gedink. Almal wat hulle huis toe gebring het, was in my oë baie grown up. Maar my suster bring toe die ou huis toe en hy het 'n versameling smurfs gehad. Dit het my laat dink, mens hoef nie als op te gee as jy groot is nie.
Ek kan nie wag om te sien of daar Kersfees enige Smurf speelgoed in die winkels gaan wees nie. Die fliek draai nou hier en is hopelik 'n groot genoeg sukses.
-Dan wonder ek ook oor SA. Dinge lyk nie baie goed nie. Nie een spesifieke ding nie. Dit voel net asof baie mense, baie jare, baie hard gewerk het en baie bloed vergiet is, en vir wat? Niks is beter nie. Dit voel asof dinge bietjie, bietjie, bietjie agteruit gaan. Sien net mense buite die land dit raak. Moet jy wegkom om die prentjie in sy geheel te sien? Sien almal dit raak, maar jy is in daai situasie, Jy moet cope?? Kry ons 'n skewe indruk, want koerante moet verkoop?
-Kyk wat in kosprodukte is. Eet 4 klein sweeties. Het net gekyk of daar vet in is, en toe ek sien dat dit nie het nie, eet ek met gemoedsrus die stupid 4 klein goetertjies. Na 'n ruk lees ek dat 4, 'n gemiddelde persoon se daaglikse voorgestelde suiker inname bevat. Lees wat in alles is.
-Hoekom word my kinders so vinnig groot. Sy het nou die dag nog koliek gehad, nou wil sy haar eie pophuis (net soos Mammie s'n) hê. Ek het meer tyd vir koliek, as geld vir 'n pophuis.
- Wat maak ek verkeerd? Ek het 'n baie lui een. Baie LUI! Wat doen ek verkeerd? Ek was baie lui en nou nie so baie nie. Dalk is daar hoop.
-My man is baie rasisties. Baie. Maar somehow as dit by rugby kom, sien hy nie kleur nie. Dis sy speler. Almal dieselfde. Nie bruin, swart of wit nie. Almal BLOU. As die ou perform, kry hy net lof. As hy 'n fout maak, kry hy so in die TV in, raad gegee en daar word eers vir my verduidelik hoe hy dit kon reg doen. En as die ou droogmaak, word my man woedend, maar word sy ras nooit in die geskel genoem nie. Ek verstaan my man soms glad nie.

Sunday, 17 July 2011
Trou is nie pêre koop nie
Ek wou lankal iets sê van die man saam met wie ek slaap. Toevallig is dit ook die man met wie ek getroud is. Die pa van my kinders en my beste vriend. Ek kry net nie die sinne geformuleer nie.
Ek lees toe 'n blog van 'n dominee wat praat oor mans wat...hoe sal ek dit nou sê...nie hulle vrouens baie mooi behandel nie. Soos my ma sou sê: "So and So's".
En besluit toe dat ek net sal begin tik en kyk wat kom uit.
My man kan 'n helsem wees! Jy wil nie saam met hom ry nie. Road rage is 'n under statement.
Hy hou nie van mense nie. Dis 'n probleem. Hulle is orals.
Hy is 'n perfeksionis in wat hy doen en maak, wat baie probleme vir almal veroorsaak.
Hy kan nie iets oopmaak en die verpakkings materiaal weggooi nie. Dit bly daar lê. As hy iets kry om te eet, word die bestanddele op die kas gelos.
Hy is 'n control freak. As ek sê dit strykyster is af, gaan maak hy weer seker. As die kinders iets het, soos, let wel: verkoue.. crack hy op. Hy kan dit nie hanteer nie. Hy slaap nie. Hy is moerig. Hy is mislik. Die kinders raak bang, want hulle begin dink verkoue is ernstig. Hulle verstaan nie, dat dit net pappie is, wat nie beheer oor die situasie het nie. Dis nag in die huis. Red 'n volk!!!
Hy is ook my beste pêl.
Ek sê altyd ek het ierland toe getrek met my eie, bouer, plumber, elektrisien, verwer, carpenter....
Hy is die ou wat sorg dat ek my ma-hulle een maal 'n jaar kan sien.
Hy is die ou wat sorg dat ons 'n goeie fliek het om te kyk op valentyns dag.
Hy is die ou wat elke jaar ons troudag onthou.
Hy is die ou wat help in die huis as dinge te veel word.
Hy is die ou wat oorvat en die kinders versorg as ek siek is.
Hy is die ou wat die ga-ga werk doen en sê dat hy dit eerder doen as wat ek vuil word.
Hy is die ou wat vir my die nuutste exclusive lego systems koop. (Ek is 'n lego freak).
Hy is die ou wat jy by jou wil hê, as die kar langs die pad breek. Hy kan 'n engine reg maak met 'n skroewedraaier en 'n rol tape. Ok, ek oordryf, maar hy is baie goed.
Hy is die ou wat die kinders in die bed sit en snaakse stories opmaak.
Hy is die ou wat wakker bly as ek koors het, om te kyk of ek oraait is.
Hy is die ou wat eerder sy hande sal breek as om my seer te maak.
Hy is baie ou wat sy moer suur werk, om vir ons 'n goeie lewe te gee.
Hy is die ou wat vir my enige iets kan bou, sodat ek my kreatiewe drome kan uitleef.
Hy is die ou wat sy laaste stukkie kos vir die kinders sal gee.
Hy is die ou wat ure saam met sy kinders speel.
Hy is die ou wat homself minder gee, sodat hy sy kinders meer kan gee.
Hy is die ou wat verkies om laaste te gaan slaap, sodat hy weet ons is oraait voor hy ook sy oë toemaak.
Hy is die ou na wie jy kan gaan met enige probleem, en heel moontlik vir jou 'n goeie oplossing sal hê.
Hy is ook my beste vriend.

Friday, 3 June 2011
Ek is nog hier
Ek het lanklaas iets getik. Ek wil net laat weet dat ek nog hier is. Die Europese somer is my besigste tyd. Almal trou en moet 'n trourok kry en die wat nie trou nie laat gordyne korter maak, kry vakansie klere reg, begrawe iemand, laat kinders doop of woon die genoemde troues by. En as ek sê hulle doen dit, dan bedoel ek, alles wat iets met lap te doen het, kom na my toe, om te doen.
En dis nie noodwendig dat die werk sooooveel is nie. (Die slegte ekonomie het my ook getref). Dis net alles saam: kinders en 'n man en 'n huis om skoon te hou en dinge vir die mark en kosmaak en wasgoed en my werk, is alles saam baie om te hanteer. Dan bly die blog agter.
Ek hoop om een van die dae bietjie meer tyd vir kry vir skryf.

Saturday, 14 May 2011
Die volgende lys mag dalk vir iemand interessant wees.
As dit kom by vloek/gekruide taal, is daar nog meer lyste, maar ek voel nie om nou alles te noem nie. Dit is 'n nasie wat nie soveel omgee om te vloek en so aan nie.
Woorde/uitdrukkings wat in Ierland gebruik word:
Bold Stout/cheeky kind
buns cupcakes
done and dusted enige taak wat afgehandel is
Wee klein. Small wee baby.
Potty Mal oor.... I'm potty for chocolate. Kinders praat gewoonlik so.
Hoover Uitsuig (soos met 'n stofsuier.) I am hoovering.
'n Lad 'n Man of seun. My man praat dikwels van die 'lads' by die werk
Din-dins Die grootste ete van die dag. Gewoonlik in die middag.
tea 'n kleiner ete, bv. 'n broodjie in die aand
Lights Verkeerslige/robot
Round about Sirkel in die pad
Shyt en Fekken Blykbaar nie vloekwoorde nie, maar beteken dieselfde
Sorted Uitgesorteer
Doors down Bv. 4 Doors down. 4 huise ondertoe/4 winkels weg
Knickers broekie
Fags Sigarette
telly TV
shed 'n Stoor- of werksplek in die tuin
hob Stoof
cooker Oond
grand Alles is reg/jy is reg. Moenie worry nie.
bollocks Kak, soos in: He talked bollocks
loads baie. I had loads of fun.
your man Enige man van wie jy nou praat
full up/stuffed Versadig
knackered Baie, baie moeg
couldn't be arsed/
couldn't be bothered Kan nie 'n hel omgee nie
eejit Idioot, maar blykbaar nie so 'offensive' om iemand so te noem nie.
thanks a million Baie, baie dankie.
jobshite fool
just after having Het nou net......bv. geëet. Just after having lunch.
he is me arse As jy iemand nie glo nie.
messing Iemand wat droog maak, 'n gemors maak
only rising you Iemand mok
She is a gas. Sy is hope pret.
mobile Selfoon
Roasting As jy baie warm kry. It is roasting outside. of: I am roasting.

Wednesday, 27 April 2011
C graad Ma
Toe ek klein was, het ek geweet, as ek by my ma is, is ek veilig. Nooit ooit, het my ma my aan daardie feit laat twyfel nie. Daar is nie baie herinneringe van toe ek baie klein was nie, maar die gevoel wat ek kan onthou, is 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit en liefde van my ma.. My trane val op die keyboard, want ek dink aan kinders wat nie veilig is, by mammie nie. Nie 'n ma het nie, ma slaap rond, ma is op drugs, ma het 'n pimp.
Ek is die laaste kind en 'n laatlammetjie en toe ek klein was, het ons (my ma en pa en ek) op kere by vriende van my ma-hulle op 'n plaas gaan kuier. Daardie tyd het ek gedink dit is snaakse mense: Alles was oud en die huis was binne en buite groen geverf.. Daai oudtydse Klerksdorp-hospitaalgange-groen. Dit was baie lekker om te gaan en na die varke te gaan kyk en hulle het baie vrugtebome gehad, 'n groot erf en so aan, maar ek wou nie in die huis wees waar hulle kuier nie. Die mense het gerook en die woonkamer sou half rokerig wees en die oom se tande was geel, met stukke goud in. Die tannie was vriendelik, maar haar stem was grof, wat my bang gemaak het. Nou weet ek dat dit van te veel rook was.
As ek binne moes sit, het ek reg by my ma gesit, want dit het my veilig laat voel. As sy en die tannie, kombuis toe is, is ek saam. As ek terug dink was dit 'seker 'n normale situasie, maar ek kan onthou dat ek ongemaklik was, maar by my ma was ek fine. My ma sou sorg.
Daar was natuurlik volwassenes waarby ek soms alleen was en heeltemal op my gemak was, soos die tannie langaan met die dogter in die rolstoel. En my maatjie voor ons se ma en pa en ouma was baie nice. Alhoewel, noudat ek daaroor dink, toe ek in Matriek was, het ek die oom weer gesien en hy het heelwat anders na my gekyk....
Die mense op die plaas was seker net anders as die mense waaraan ek gewoond was.
Tot vandag toe kom min dinge by die herinnering, om my ma in haar groen karretjie te sien wag as die skoolklok lui.
Die jongste van 5 beteken dat ek die laaste is om hoender te kies en mag nie van wat-ook-al kry nie, want dis net genoeg vir die groter kinders. Maar met my verjaarsdae het my ma 'n tafel gemaak met alles waarvan ek baie hou..
En my ma het altyd soveel moeite gedoen, met klere wat sy vir my gemaak het. En my ma het altyd iets lekkers in die vrieskas.
Ek kan aangaan en aan gaan oor die stabiliteit en liefde en alleeeees wat my ma vir my gedoen en gegee het.
En dit bring my tot my punt: Ek voel so dikwels met my eie kinders dat ek in my moer in misluk.
Die verantwoordelikheid is so enorm. Op my beste dag het ek demons, maar op die stadium is dit nog moeiliker om al die skroewe vas gedraai te hou, want as 'n kind huil oor Daddy gaan werk het, wil ek skree: Jou pa is net by die werk, hy kom weer terug. Maar ek sê niks.
Ek is 'n gemiddelde ma, as ek myself moes punte gee, 'n C of 'n D. Party keer, as dit die duisendste maal is, wat ek raas oor iets, en my kinders weer nie luister nie, en ek myself verloor, is dit 'n D, dalk 'n E. Average or below average in die kompetisie van ma wees...
Ek is kwaai. Ek het baie daaroor gedink en gewonder hoekom van my en my 2 susters, is ek die kwaaiste en het die presiese wortel ontdek: Ek is die Ousie. Ek het nie die luxury om te dink die bediende sal die skottelgoed in die sitkamer kry nie, of die verlore pop soek nie. Die bediende sal die toilette skrop... Die kleintjies help, maar dikwels moet ek hulle 'gehelp' ook skoonmaak. Pappie help ook, maar word partykeer so kwaad vir die duisendste glas melk wat hulle mors, dat dit dalk beter is, as hy nie help nie.
Hulle kry te veel roomys, en brood en sap..en..en..en... Dis net makliker.. Die weer is goed en die roomys kar kom elke dag en ek weet dis verkeerd..
Ek werk van die huis af, wat baie voordele het, maar hel , as 'n kind naby iemand se sjiffon rok kom, met die koukies of taai hande ....
Ek kan nog 'n duisend dinge noem wat my so laat kwaad word en pluk, die gehardloop en gegil die huis vol as daddy slaap nadat ek al 'n paar keer geraas het, die hare wat blykbaar nie gekam mag word nie, ...
Nou die oggend het ek opgestaan en nog erger gevoel as die vorige tye, oor my Mammie-skills.
My jongste het waterpokkies gekry en ek het gesorg dat sy kry! Soos 'n slak gevoel. Haar gesiggie is oortrek van die kolle.
I wanted to be cruel to be kind. Haar pa het gehad toe hy ouer was en was baie siek, en ek het gedink dat as sy nou kry, sal dit nie so erg wees, as later nie. Ek wou help. Maar toe voel ek soos 'n groot vet heks. Warts and all!.
Tot later....Piers Morgan tonight word 2 uur die nag by ons uit gesaai en ek record dit altyd. Die kinders het geslaap en Pappie was by die computer en ek het my ge-recorded dinge begin kyk. Ek wens ek het nie. Die spesifieke een van Piers het gegaan oor Human trafficking. Ek wil nie eers die 2 woorde tik nie. Dit is 'n geweldige probleem.
Die een meisie waarmee hulle gepraat het, was 11 toe wat-ook-al gebeur het. Haar ma was verslaaf aan drugs en haar pa was in die tronk. En sy het gedink iemand help en toe help hy homself... En so het die program aangegaan oor trafficking en rape en pimps en aan en aan en hulle vra hulp as mens iets sien of hoor en so aan. Dis te erg om te tik....
Ek besluit toe daar en dan: Ek is nie naastenby 'n D nie. Definitief 'n C of dalk , 'n B. Ek gaan nou nie push vir 'n A nie. My B/C voel baie goed. Ek moet bysê, dat my kriteria vir 'n A so hoog is, in iemand anders se oê, sou 'n C, 'n B gewees het, en 'n B, 'n A, maar ek dink nie 'n A-Ma bestaan nie.
-Ja, sy het nou waterpokkies en dis sleg, maar ek het net aan haar gedink. Nou is dit 'done and dusted'.
-Ja, hulle kry nou elke dag roomys, maar wanneer die weer draai, is dit ook klaar.
-Ek is daar, wanneer die skoolklok lui, want dit is hulle sekuriteit.
-My kinders sien nie my trane oor my pa nie nie, want 'n kind van 5 moenie soveel hartseer sien nie.
-Ek werk van die huis af. Gelukkig het ek daardie opsie. My ma was by die huis; dis goed vir my kinders.
-Elke besluit was in die huis geneem word het hulle welstand in gedagte. Alles gaan oor hulle op die einde van die dag.
-Ek is baie geduldig as 'n kind in die nag wakker word, dalk is ek te aan die slaap om enige-iets anders te wees. Ek noem dit, omdat dit vir my so verassend is.
-Ek worry oor hulle die hele dag, elke dag. Het hulle maatjies? Is die kosblik gepak? Word die skoolwerk verstaan? Weet hulle wie liewe Jesus is? Kan hulle veilig oor 'n straat kom?
-Ons gaan soveel huis toe, as moontlik. Dis baie lekker, maar eerlik sal ek sê driekwart daarvan is vir hulle part. Hulle moet ouma en oupa ken. Hulle moet weet waar ons vandaan kom en SA sien soveel as moontlik. Hel, hulle moet weet wat regte sonskyn is.
-Ek 'fight a losing battle' met die Afrikaans, maar ek hou aan.
Ek weet nie wat ek alles vir my kinders doen nie. Ek weet nie wat om te noem nie. Ek dink omdat alles is ons lewe oor hulle gaan, blur dit 'n bietjie en kan ek nie alles pin point nie Ek dink, ek sal nooit 'n beter ma wees, as my eie ma nie. Ek sal vrede maak, met daardie punt. Maar as ek net so 'n goeie ma soos sy kan wees, sal alles oraait wees. Heelwaarskynlik, 'n ander tipe ma, met ander sienings, maar as ek geweet het, ek sal net so 'n goeie ma soos sy wees, dan, is 'n groot stryd gewen. Dan kan ek nou ophou worry en gaan tee maak....

Tuesday, 19 April 2011
Thursday, 14 April 2011
Markte
Ek was nog altyd 'n sucker vir markte Kyk wat nuut en interessant is. Kry insperasie. Allerhande lekker gebak en gebrou. Dis ook meer as dit. Dis my mense. Mense wat doen en maak. Baie mal oor mense wat bereid is, om te 'try'.
Ek ondersteun ook altyd 'n paar tafels. 'n Vars plaasbrood hier, free range eiers daar. Pannekoeke vir die kinders..
Wanneer ons Sa toe gaan, vat my suster ons altyd na grotes toe. Om weer bietjie die siel te voed, want ek moet met trane in my navy blou oê sê, dat ons local markte nie kers kan vashou nie. Hier gaan dit dikwels
oor.. ek weet nie presies wat nie. Nie geld nie. Markte hier is dikwels, nie altyd nie, maar dikwels te klein . 10 mense verkoop eiers van die hoenders op hul erf, crêpes, hand gebreide musse, buns (cupcakes) en tuis gebakte sodabrood. Almal kuier net lekker saam vir 'n paar ure op 'n saterdag.
Ek en my kinders was weer pa-loos die naweek en het saterdag na die een in Beltra gegaan. Beltra is 10 minute van ons huis af. 'n Plaas gemeenskap. Dis die kleinste mark waarby ek al was. Ek dink die beste verkoper die oggend was koffie.
Ek en die kinders is lus om ook te gaan uitstal. Weet nog nie wat nie. Daar is altyd 'n vrees dat mense gaan dink die goed lyk simpel of cheap.
Daar lê net iets daarin om iets uniek te probeer maak en te gaan uitstal. Trots op wat my hande kan produce.
Ek ondersteun ook altyd 'n paar tafels. 'n Vars plaasbrood hier, free range eiers daar. Pannekoeke vir die kinders..
Wanneer ons Sa toe gaan, vat my suster ons altyd na grotes toe. Om weer bietjie die siel te voed, want ek moet met trane in my navy blou oê sê, dat ons local markte nie kers kan vashou nie. Hier gaan dit dikwels
Ek en my kinders was weer pa-loos die naweek en het saterdag na die een in Beltra gegaan. Beltra is 10 minute van ons huis af. 'n Plaas gemeenskap. Dis die kleinste mark waarby ek al was. Ek dink die beste verkoper die oggend was koffie.
Ek en die kinders is lus om ook te gaan uitstal. Weet nog nie wat nie. Daar is altyd 'n vrees dat mense gaan dink die goed lyk simpel of cheap.
Daar lê net iets daarin om iets uniek te probeer maak en te gaan uitstal. Trots op wat my hande kan produce.
Wednesday, 13 April 2011
Bybelstories van my kind
My jongste en ek sit in die kar en wag vir die oudste om uit die skool te kom, toe sy my van die Bybel stories vertel wat hulle vandag by die skool gehoor het:
Bad men put Jesus on the cross, and there was crosses beside it and Moses came to see him. And then He died and Moses put Him in a tube and then Mary took away the big rock and He was missing.. And later Mary did see Him and told everybody so that they could have a big party..

Monday, 11 April 2011
Saturday, 9 April 2011
Brightly coloured
We moved almost a decade ago to this small island. One suitcase in hand. Ok, it was never just the one, but I am trying to make a point. Everything was foreign. Literally everything except, I suppose, the language, but then we didn't understand the accent sometimes.
Imagine that everything you see that looks foreign, is black and white and shades of grey, like the pictures in an old movie. Even the house that you now have to call home, is shades of grey. Somebody elses' funiture and pots and plates. Everything grey. Your suitcase and the person waiting for you, is the only familiar, warm, brightly coloured images in the picture.
Imagine that you get a bit more comfortable with your new surroundings. The house: your kitchen, the bed, the front door, etc. is the first to get some colour. The colours looks more inviting now: deep red, sunflower yellow, magenta, lilac... You get to know a few neighbours. They seem brighter and warmer as time goes on. Go for alot of walks: See alot of greens.
Your house, neighbours, post office and the grocery shops are the first to look brightly coloured after a while and as you walk in this grey town and you walk past grey figures whom you don't know and don't look like people you saw in your old life, you might see somebody you do know, a brightly coloured one.
The hospital and 2 children later is shades of pink and purple.
As time goes by, everything gets more familiar and less foreign. All the shops, roads, sea, .. The greys turn into rainbow colours, except the sky. It stays grey. The shades of grey just change.
We are here the best part of 10 years and life is pretty colourful now.

Friday, 8 April 2011
Moedersdag
Ons het Sondag, Moedersdag gehad. Elke jaar op my Ierlandse, Moedersdag, bel ek my ma en sê geluk en dat ek nou bel want ek weet nie wanneer dit Moedersdag in SA is nie. En elke jaar wanneer dit die regte Moederdag daar is, laat sy weet dat almal al gebel het, behalwe ek. Sy wonder maar net, of ek vergeet het ......
Ek het nie die tipe man van staan-vroeg-op-saam-met-die-kinders-en-gee-ontbyt-in-die-bed nie. Nee, ek het die tipe van kom-ons-slaap-laat-en-gaan-eet-uit-tipe. En dit was 'n heerlike uiteet en 'n heerlike dag. (En nee, hy lees nie die blog nie. Dit was regtig lekker.) Ons almal het gaan plantjies soek vir die tuin, en toe gaan uiteet. Die eerste keuse was vol, want Superman het nie bespreek nie. Die tweede keuse nie so gesofistikeerd nie, (pizzahut) maar heerlik. Baie lekker.
Daarna het ek tydskrifte gekoop en in die bed geklim terwyl die ander 3 die nuwe plantjies gaan plant het.

Thursday, 7 April 2011
kerke en ander sondes
Ek is so depressed oor die lewe en die dood dat ek desperaat nodig het om hardop te lag oor iets. En het dit nou net gekry. My suster se bloginskrywing. Sy het sommer geskryf oor haar man se werk en die moeilike omstandighede waarin dit hulle plaas. Mense wat oordeel en veroordeel en so aan.. Depressing stuff.
Ek voel, rêrig, ek doen.. Maar dit was lag-uit-my-maag-uit-snaaks.
Snaaks oor hoe sy dit geskryf het en snaaks omdat ek weet hoe stupid, stupid, stupid mense kan wees.
Dit het my laat wonder oor wat ek glo en is ek die stupid een?
As jy sensitief is, oor kerk en so aan, hou nou op lees.
Ek hou van kerk toe gaan. Dit is een van die min dinge wat my kalm maak. Ek ken 'n paar mense daar en hulle laat my welkom voel. 'Wanted'. Soos ek hier sit, voel ek hoe lou ek is; ek gaan nie om te hoor watter boodskap God vandag vir my het nie. Of al die ander redes wat ek seker veronderstel is om te hê? Ek gaan want dit maak my kalm.
My ma bv. is van daardie generasie waar die dokter en die dominee op 'n pedestal geplaas word. Ek het daardie klas gebank, want ek is nie bewus van daardie reëls nie. My ma het ook al vir my gesê dat as ek slimmer was, sou ek bang gewees het vir my man.
So dalk het ek gebank of dalk is ek bietjie stadig, maar ek is nie bang vir my man nie en nog minder bang vir wat die dominee gaan dink. Hy betaal nie my 'morgage' nie.. Ons dominee preek goed. Hy weet baie. Partykeer sien hy my en partykeer nie. Ek hou baie van hom. Maar as ek nie kerk toe gaan nie, gaan ek nie wonder wie kyk nie. Ek klink nie goed nie. Ek sit hier en wonder of ek reg is..
Die Katolieke priester/father op die dorp wou hê dat ek by sy huis na klere moet gaan kyk wat hy wil laat reg maak. Kan hy nie na my huis kom nie? En iemand in die kerk was besig om sy huis skoon te maak. Wie is hy? Belangriker: wie dink hy is hy?
Ek glo. Maar ek het al my ander suster getext (nie die een wat funny blog nie) en gesê; iets is baie, baie verkeerd met die wêreld. Kerke, wat kindermolestasie onder die mat invee (omdat dit nie goed is, vir die kerk se beeld nie?)
Kerke soms binne soos 'n Baal beeld lyk?
Hoekom praat alle predikante nie net normaal nie? Party kan so 'n 'act' opsit.
Sal God rêrig 'n kind hel toe stuur as hy/sy nie gedoop is nie?
Hoekom; kerkklere? Hoekom nie net gaan soos jy is nie?
En preekstoele?
En togas?
Is ek van 'n generasie, wat glo almal moet dieselfde wees en dieselfde behandel word? Of is dit net ek?
As my kinders ooit 'n dominee met 'n toga gaan sien, gaan hulle vra: Why is he wearing a cape? Can we expect magic tricks?

Saturday, 2 April 2011
Buy online
Gewoonlik skryf ek dinge wat ek nie gaan hardop sê nie, en nie noodwendig 'n 'comment' op wil hê nie. Wil nie veel 'followers' hê nie. Ek wil dit net publiseer en in die hemelruim laat rond swerwe.
NIE HIERDIE KEER NIE.. Nou wil ek 'n duisend 'comments' hê.
Ek speel met die idee om iets of baie 'ietsies' op e-bay te verkoop. Ek het geen geluk met verkopery nie. Nog nooit gehad nie. Geen self vertrou daarin dat mense van my produkte gaan hou nie. Ek kan baie dinge met sukses maak.. en dis waar dit ophou.
En probleem no. 2 is, dat ek op die oomblik nie 'n idee het, wat om te maak nie.
Kom ons noem my idee oor e-bay: een van die dinge op my Bucket list. Ek is gepla met my Bucket list.
Vir een maal in my lewe wil ek voel dat ek iets bied, wat mense wil koop. 'n Bietjie sukses hê.
In Ierland kan ek nie sien, dat ek die selfde roete kan gaan as in SA nie, na markte gaan en van die huis af verkoop nie. En ek het kleintjies en 'n man wat baie werk. Winkels se pryse is baie, baie hoog, en ek wil probeer om dit so laag as moontlik te hou. Die beste opsie dink ek, is die internet en ek kan ook nie 'n duisend van een ding aan hou nie, want ek het nie plek nie, daarom het ek gedink dat, as en op e-bay adverteer kan ek 'n iets wys en as dit dalk verkoop of nie verkoop nie, hoef ek nie noodwendig weer dieselfde te adverteer nie.

Tuesday, 29 March 2011
Sonskyn dae
Die weer het bietjie gedraai en die afgelope paar dae was heerlik. Hopelik is dit die begin van n goeie somer. Party beweer, hoe slegter die winter, hoe beter die somer. En dit was 'n yserige een.
Sonnige dae word gevier hier. Op goeie dae is die mense is soos miere in 'n hittegolf. Almal kry lewe. Almal is buite. Was die karre. Kinders ry fiets. Mense loop rivier toe.
Strande is vol mense met honde en kinders wat dink die water is warm genoeg vir swem. En as die eerste sonnige dae arriveer, word al die
dood gesneeude plante uit die tuin getrek om plek
te maak vir nuwes en die kwekerye is vol mense.
Elke jaar spandeer ons enorme bedrae aan plante en
blomme en as Kersfees kom, belowe ons dat ons nie
weer soveel gaan spandeer nie, want die goed vrek
in hierdie ongekende koues wat ons nou het. Maar
na 'n 5 maande se koue lewe, kan ons nie onsself
help nie, en koop weer een van elke soort en kleur.
Ons het Sondag naby die huis gaan piekniek hou. Dit lyk maar nog vaal, maar baie lekker om son op jou vel te voel.

Saturday, 26 March 2011
Help grawe.
My man, wat my pyn moet aanhoor, probeer altyd hier en daar 'n grappie maak, in die hoop dat dit sal help.
Vanoggend sê ek vir hom, dat die verdriet in my hart, voel soos 'n diep gat waaruit ek nie kan kom nie en hy voel toe so hulpeloos en sleg vir my part en dat hy antwoord: Ek is so jammer dat ek partymaal help grawe aan daardie gat... LOL
(Vir die mense in die blogruim wat soos ek, ouer as 20 is, LOL, beteken LAUGH OUT LOUD. )
Voel silly om dit te gebruik, maar het gedink, dit lyk beter as: Ha Ha Ha.

Wednesday, 23 March 2011
Fokus verskuif
My eie pyn is 'n bietjie opsy geskuif. Iemand wat ek goed ken, het groot probleme.
Ek worry vir hulle.
My ma sou sê, mens moet vir hulle bid. Dis letterlik al wat ek kan doen.
Wens ek kon 'n staffie swaai; hulle laat kom kuier. Bietjie Ierse lug laat in asem.

Monday, 21 March 2011
2 maande terug
Ons is 5 kinders. En my ma.. Dit was saterdag, 2 maande sedert my pa oorlede is.. Ek kan nie die D woord sê nie. Hy is net weg en oorlede..
Dis soos 'n groot seer wat toe gegaan het. Ek dink ek is oraait en dan gebeur iets, soos 'n kindjie wat vergeet dat hy oorlede is, en vra wanneer ons by ouma en oupa Don gaan kuier.. Of niks gebeur nie en die blêddie ding gaan oop. Ek het gedink, dat ek oraait is, en toe die 19de kom, het die seer weer heeltemal oop gegaan. Ek onthou gewoonlik baie sleg, maar die dag en datum is helder. Dit was baie vroeg en die tellefoon het gelui en dood gegaan. Ek het gedink dat dit my man se werk is, tot my mobile ook lui. Dit het dood gegaan. En toe ek kyk watter nommer gebel het, was die texts wat ek eerste sien.
Slegte, slegte texts.
Ek was nooit daddy's girl nie. Het nie op sy skoot gesit nie. Hy het nie stories vertel voor slaap tyd nie.. Baie stil ernstige mens.. 'Sy wêreld is in sy kop', het my suster een maal opgemerk. Baie dinge kon ek nie verstaan nie. Toe ek klein was, kon ek nie verstaan hoekom hy so baie water drink nie.. Soos ek ouer geword het, het dinge beter begin gaan en het ek beter verstaan...
Dit was slegte, slegte texts.
Het huis toe gebel..
My ma het lankal vir my gesê om nie te kom, as iets gebeur nie, want ek is ver.
Ek was nie daar die afgelope maand toe hy in die hospitaal was nie. Almal het beurte gemaak om te gaan help, maar nie ek kon nie. Om te gaan, is die laaste kans om iets vir hom te kan doen. Ek het nie besef hoeveel dit ander mense sal help as ek kan gaan nie..
Al is dit net om vir my broer wat oppad is, vir die roudiens, te verseker dat almal oraait is, en my ma lyk fine..vir nou.. Of daar te wees om vir my ma tee te maak. En koffie te gaan drink saam met my susters. Vir my broer wat ek nie baie sien nie, 'n druk te kan gee.
Dis een maal in my lewe dat ek bly is, my man verstaan nie hoe ek voel nie..
Ek het 'n breekte hart.. 'n seer wat nie blêddie gesond word nie..

Verjaardag in die Pub
My jongste verjaar oor 'n paar weke, maar a.g.v 'n paar redes, het ons 'n partytjie vroëer, by familie in Ierland gehou. My skoonsus sê nogal op 'n stadium: Dis net in Ierland waar jy 'n kinderpartytjie in 'n Pub gaan hou.
In Ierland is dit waar jy lekker kos, teen 'n billike prys en lekker atmosfeer gaan kry.
My kind was baie op gewonde, want sy sou dan ook haar verjaardagkoek daar kry. Om dit vir haar spesiaal te maak, kon sy kies watter tipe koek sy kry, en met prentjies op die internet, kies sy toe 'n Burgerkoek.
'n Vriendin van ons het koeke gebak as 'n stokperdjie en toe sy haar werk moes opgee a.g.v. die land se finansiële probleme en sy dit haar werk gemaak.
Nou bak sy 'Novelty cakes' vir 'n lewe. (ek wonder of dit nie die beste ding is, wat met haar kon gebeur nie, want dit is 'n talent wat gewys moet word.)
Die uitdrukking op my kind se gesig toe sy die koek sien, was 'priceless'..

Thursday, 17 March 2011
St. Patrick's day
Vandag is St. Patrick's day. Ek kan nie meer die hele storie onthou nie, maar weet dit laat almal goed voel om Iers te wees.. In die groter dorpe en stede word 'n hele optog gehou. Die meeste mense drink baie vandag. Sal graag al die geld wil hê, wat vandag in Pubs spandeer word. Al die Pubs bedien groen Guinness en die bakery maak alles groen wat groen kan kom.
Ons gaan nie elke jaar nie, want dis nog koud en mens staan ure buite langs 'n pad en daar is hordes mense, maar het gedink die kinders sal dit geniet. So, ons is vroeg na ons naaste groot dorp toe. Vroeg genoeg sodat ons kan parkeerplek kry, voor die strate toegespan word en al die mense instroom. Ek hoor daar was vandag meer as 600 000 mense by Dublin se optog gewees.
Die een is darem bietjie kleiner. Die kinders was baie opgewonde en het 'badges' by die skool gemaak en snaakse groen dinge in die hare gehad. Pret.
Elke jaar is dit bietjie anders. Een jaar was daar 'n surkus in die dorp en toe het hulle van die olifante in die optog gehad. Die mooiste is altyd die doedlesakspelers met hulle mooi kilts. (kilt's??). Hulle kom gewoonlik van Noord Ierland af vir die dag. Vandag was daar vrouens wat soos gypsies lyk, wat gedans het en vlotte met karakters uit die animasie flieks wat nou hier wys. Orkeste met die mooiste univorms aan. Al die klubs wat hulleself wou adverteer: sokker, girl scouts, gimnastiek, ens.. Die kinders het die Brandweerwaens baie geniet en daar was
'n vlot wat 'n bokskryt voor gestel het, met die huidige
politikuste wat teen mekkaar boks.
Die Iere het 'n sin vir humor.
Kan nie als onhou nie, o ja, en 'n organisasie wat vrede op aarde 'promote' het en vlaggies van al die lande wat hulp nodig het, uitdeel het, Een van my kinders het 'n vlaggie van Irak gekry en ek sien toe daar is ook vlaggies van Suid-Afrika. Het gedink dis interessant..

Wednesday, 16 March 2011
Die Pole
Het Poolse bure gehad, voor ons huis gekoop het. Hulle het 'n seun van 11 en het weer swanger geraak. Sy text om te sê klein seuntjie Max is gebore. Ek moet kom kuier.
As al die Pole so is, is dit 'n wonderlike nasie.
Was een keer daar vir ete. 'n Paar van hulle poolse vriende was ook daar...ewe vriendelik. Bietjie anders as die Iere en Engelse. Klomp kos wat nie bymekkaar pas nie, op die tafel. Een bak was 'n funny mengel-tipe-slaai met ham en gesnyde pannekoeke in. Almal sit om die tafel en vodka drink.. Vodka en dan lemoensap. Nie saam nie.
Hulle verstaan nie dat ek niks drink nie. Dit is nie in hul woordeskat nie. Ek gee altyd die verkorte weergawe, maar met hulle het ek my lang waarheid vertel.. ok, ok you drink your coka cola. Met hulle dik aksent wat klink soos Tom Hanks in Terminal.
In elk geval, ek was vandag by my Poolse vriende met persente vir die iedie biedie body, Max. Hulle het 'n tafel gedek met koek en chocolates. Net vir die kuier. Gasvry. Stel rerig belang en lag altyd vir my, oor hoe flou ons koffie drink. It's a joke, it's a joke. you drink boiling water. (met 'n dik aksent).
Ons moet meer gaan...

Tuesday, 15 March 2011
Demanding follower
Ek het 'n follower, and it turned out to be a very demanding one. Will have to 'blog' more to keep this one happy..
Monday, 14 March 2011
Betaal sal jy betaal
Ek weet nie wat om te skryf en of ek iets moet sê nie, so met die witbrood onder die arm.
My man het 'n baie beter werk hier, as wat hy in SA gehad het. 'n Beter toekoms, maar dis 10:30 en hy is nog nie by die huis nie. Dit het niks met geld of oortyd te doen nie; sekere foute kan net sekere tye reg gemaak word, a.g.v. produksie ens. D.w.s. naweke is ook skaars.
Die kinders mis hom baie. Om hom nie vir 'n dag/dae te sien nie, is vir hulle erg.
Beter lewensgehalte, teen 'n prys.

Sunday, 13 March 2011
The dressmaker in town
Ek is 'n rokmaker. (as daar so 'n woord in afrikaans bestaan). Die mense hier noem my die: Dressmaker of the village. Voel belangrik. Ek is 'the go to person'.
Elke Kersfees kry ek 'n kaaskoek want ek is deel van die village se besigheidsmense. Ek lag, want die dorpie is baie, baie, klein. Hier is seker 7 besighede in die dorp: 'n Haarkapper, skoonheidssalon, kaffee, 3 pubs, 'n verwer en 'n dressmaker. Dit is snaaks en belaglik, maar ek kry steeds my kaaskoek.
Ek voel belangrik. Ek voel belangrik, want ek lewer 'n diens wat baie mense nodig het. Ek word waardeer (gewoonlik). Min ander mense in Ierland doen dïe tipe werk. En dit in 'n land waar mense. baie waarde heg aan klere en baie goed aantrek wanneer hulle uitgaan en baie, baie geld uit haal vir troues. A nice skill to have..
Nie 'n 'glamorous' werk nie. Ek sit alleen en verstel klere vir die lyf wat mense wil hê, maar nie noodwendig het nie. Hulle wil nie asem haal in die klere nie; hulle wil goed lyk.
Jy moet 'n diplomaat wees, as jy moet verduidelik dat 'n 16 lyf nie in 'n 10 kan inkom nie. Of die velletjies onder jou arms gaan wys, as jy 'n boobtube dra. Of jy is 78 jaar oud. Jy kan nie met 'n tiener se klere, troue toe gaan nie. Diplomatiek is nie 'n talent van my nie, veral nie as my woorde in engels vertaal moet wees nie.
Hare op jou tande vir besigheid. Dit kan ondankbaar wees, as mense nie jou prys wil betaal nie. Hulle dink dit moet minder wees, want dis ou klere. Same amount of work.. same amount of work..
Dit kan soms eensaam wees. Ek werk alleen. Dis net ek en die klere. Niemand om mee te praat nie. Niemand om raad te vra nie. My ma wat 10 000 km ver is, sal soms oor die foon raad gee. Niemand hier om te vra nie. Rokke en lap is soms peperduur en al wat ek kan doen, is om staat te maak op my opleiding en te bid vir die beste.
But still, ek kry my kaaskoek elke jaar..

Saturday, 12 March 2011
SO UNFAIR
Life is so fucking unfair.
Ons Vrydagaand is heerlik rustig. Vrydae kom daddy vroeër van die werk af. Speel met die kinders.
Ons het Chinese (kos) bestel en vir die Simpsons gesit en lag. Alhoewel dit koud is buite, is die huis lekker verhit. Daddy het vir die kinders 'n storie gelees en hulle slaap lekker rustig. Ons het TV gekyk soos enige ander Vrydag aand.
En iewers in Queensland sit mense sonder 'n huis.. Japan is in 'n 'ongoing' gemors en my ma sit elke aand
alleen...
Waar is die 'justice'?

Monday, 7 March 2011
Skoonsus verjaar
Heerlik!
My skoonsus (ook in Ierland) het verjaar en 'n grooot tafel bespreek vir al die Suid-Afrikaners wat sy ken. In die eerste plek was dit 'n groot treat om na 'n "proper" restaurant te gaan, want dis gewoonlik te duur. En die kos was heerlik. Steak, sampioene, prawns, pavlova, ens.
Dit was ook lekker tussen mense van my wêreld. Dit was so lekker om vir een aand net een taal te praat en te lag vir dieselfde grappe. Stories te vertel waarmee almal kan identifiseer: Rugby en visvang sonder 'n permit, my suster en die 'Hadron collider', regte egte strande..
Die huis het 'n bietjie nader gevoel.

Sunday, 6 March 2011
Hulle wêreld is groot
Baie interessant hoe anders my kinders groot word, van hoe dit was, toe ek hulle ouderdom was. My wêreld was speel oorkant die straat, kinderkrans en huis. Ek kan nie veel onthou nie, maar ek kan dit onthou. Daar was die see. Ons was daar en een ander plek: Oorsee. n Ander plek...net een plek. Ek het daarvan geweet, want my ma het altyd gesê dat sy wil graag gaan.
My kinders se wêreld is anders en baie, baie groter. Hulle weet "oorsee" is duisende ander plekke en mense en kosse en tale. Ek dink ook dat hulle bewus is, van kultuurverskille. Nie seker hoeveel hulle verstaan nie. Dalk nog te klein.
Hulle is nog klein, maar die oudste maak 'n "boek" waarin elke bladsy 'n ander land voorstel met die mense van daardie land, geteken. Party is donkerder, ander tipes klere of ander oë .. Hulle weet watter diere kom net in sekere lande voorkom. Wat sekere nasies eet: snaakse kosse in die ooste, biltong in die vrieskas want die kaffee het dit nie. Ha ha. Hulle weet al in watter lande sekere stede is, New York, London, Rome, Toronto... Australië is 'n baie groot eiland en 'n mens noem dit 'n kontinent. Tel in Spaans, groet in Italiaans..
Ek weet nie of my kinders se wêreld so groot is, en dat hulle so bewus is van die wêreld, omdat ons in Europa bly, of omdat Mammie en Daddy nie van hierdie land is nie. Seker 'n kombinasie. Maatjies gaan met vakansie en bring iets saam. Die juffrou gaan soms in Ghana skool gee. Mammie en Daddy was in London. Vlieg gereëld huis toe, en hulle wil altyd weet oor watter land ons vlieg en in watter stad ons oorklim.
En so bou klein atlassies in daardie koppies. Daar is baie maniere waarop ek as 'n ma druip, maar dit lyk my iets wat vir my belangrik is, het by hulle uitgekom. Grand!

Thursday, 3 March 2011
Buurvrou verstaan nie
Kersfees was koud. Seker nie 'n Rusland-koud nie, maar definitief 'n Suid-Afrikaanse-helkoud. Dik gesneeu. Na 'n Kersfees weg, het ons na 'n huis sonder water terug gekom. Pype het gevries en dinge het gebars. My man is handig. Die handigste handig waaraan ek kan dink. Hy het magic gedoen, maar aan gevrieste pype onder die grond, kan nie eens hy iets doen nie. Skottelgoed is na die buurvrou gevat. (Sy het water gehad) Wasgoed is elders gewas en danksy Superman se talente kon ons in ons eie huis stort en naderhand wasgoed was en alles, met van die buurvrou se water...
Om 'n baie lang ingewikkelde storie kort te maak: My man het die probleem laat weggaan. Vir 'n ma met klein kindertjies en 'n vuil-wasgoed-fobia was dit 'n helse verligting.
Buurvrou is baie oulik. 'n Oujong nooi. Nice vrou, maar toe ek haar sê dat dit omtrent die mees romantiese ding
is, wat my man op hierdie stadium van my lewe kon doen, het sy gesê: That's the most depressing thing I have ever heard... Ek het nie bedoel om depressing te klink nie. Jy gaan verder met my kom as jy eers hoover, as wanneer jy 'n bottel wyn oop maak of roosblare strooi. Dis Ierland: Roosblare maak gemors en ek moet skoonmaak.
Blomme of tjoklets gaan net fokol help as die kinders nie meer skoon klere het nie of as die toilet verstop nie, maar my man het gehelp..my Superman..

Waar my talente lê
Dink dae lank hoe om te begin. Woorde swem in my kop rond en die regte sinne wil nie vorm nie.
Gee my 'n kwilt of 'n trourok. 'n Pophuis of verf. Skryf is nie my talent nie...
My naam is Stephanie. Ek is 'n Suid-Afrikaner in Ierland. Getroud. Blykbaar is een van my talente ook om die regte man te trou. 'n Baie goeie talent om te hê; was nie altyd bewus van daai een nie. Ek het 'n paar pragtige, stout, cute, ongehoorsame klein Suid-Afrikaanse Iere. (as so iets bestaan)
Lees laas week iewers, ons word ex-pats genoem. Well, life is more complicated than that, my dear.. Het in SA by 'n tronk gewerk. Hierdie lewe was ons lig aan die einde van die tonnel.
Nou leef ek 'n "blizzfully boring" lewe. En boring word nie sleg bedoel nie. Dit beteken: veilig en secure en standvastig en predictable.. Lekker!

Subscribe to:
Posts (Atom)