Wednesday, 27 April 2011

C graad Ma

Toe ek klein was, het ek geweet, as ek by my ma is, is ek veilig. Nooit ooit, het my ma my aan daardie feit laat twyfel nie.  Daar is nie baie herinneringe van toe ek baie klein was nie, maar die gevoel wat ek kan onthou, is 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit en liefde van my ma.. My trane val op die keyboard, want ek dink aan kinders wat nie veilig is, by mammie nie. Nie 'n ma het nie, ma slaap rond, ma is op drugs, ma het 'n pimp.

Ek is die laaste kind en 'n laatlammetjie en toe ek klein was, het ons (my ma en pa en ek) op kere by vriende van my ma-hulle op 'n plaas gaan kuier.  Daardie tyd het ek gedink dit is snaakse mense:  Alles was oud en die huis was binne en buite groen geverf.. Daai oudtydse Klerksdorp-hospitaalgange-groen.   Dit was baie lekker om te gaan en na die varke te gaan kyk en hulle het baie vrugtebome gehad, 'n groot erf en so aan, maar ek wou nie in die huis wees waar hulle kuier nie. Die mense het gerook en die woonkamer sou half rokerig wees en die oom se tande was geel, met stukke goud in.  Die tannie was vriendelik, maar haar stem was grof, wat my bang gemaak het. Nou weet ek dat dit van te veel rook was.
As ek binne moes sit, het ek reg by my ma gesit, want dit het my veilig laat voel. As sy en die tannie, kombuis toe is, is ek saam.  As ek terug dink was dit 'seker 'n normale situasie, maar ek kan onthou dat ek ongemaklik was, maar by my ma was ek fine. My ma sou sorg.
Daar was natuurlik volwassenes waarby ek soms alleen was en  heeltemal op my gemak was, soos die tannie langaan met die dogter in die rolstoel. En my maatjie voor ons se ma en pa en ouma was baie nice. Alhoewel, noudat ek daaroor dink, toe ek in Matriek was, het ek die oom weer gesien en hy het heelwat anders na my gekyk....
Die mense op die plaas was seker net anders as die mense waaraan ek gewoond was.

Tot vandag toe kom min dinge by die herinnering, om my ma in haar groen karretjie te sien wag as die skoolklok lui.
Die jongste van 5 beteken dat ek die laaste is om hoender te kies en mag nie van wat-ook-al kry nie, want dis net genoeg vir die groter kinders. Maar met my verjaarsdae het my ma 'n tafel gemaak met alles waarvan ek baie hou..
En my  ma het altyd soveel moeite gedoen, met klere wat sy vir my gemaak het. En my ma het altyd iets lekkers in die vrieskas.
Ek kan aangaan en aan gaan oor die stabiliteit en liefde en alleeeees wat my ma vir my gedoen en gegee het.

En dit bring my tot my punt:  Ek voel so dikwels met my eie kinders dat ek in my moer in misluk.
Die verantwoordelikheid is so enorm. Op my beste dag het ek demons, maar op die stadium is dit nog moeiliker om al die skroewe vas gedraai te hou, want as 'n kind huil oor Daddy gaan werk het, wil ek skree: Jou pa is net by die werk, hy kom weer terug. Maar ek sê niks.
Ek is 'n gemiddelde ma, as ek myself moes punte gee, 'n C of 'n D. Party keer, as dit die duisendste maal is, wat ek raas oor iets, en my kinders weer nie luister nie, en ek myself verloor, is dit 'n D, dalk 'n E. Average or below average in die kompetisie van ma wees...

Ek is kwaai.  Ek het baie daaroor gedink en gewonder hoekom van my en my 2 susters, is ek die kwaaiste en het die presiese wortel ontdek:  Ek is die Ousie.  Ek het nie die luxury om te dink die bediende sal die skottelgoed in die sitkamer kry nie, of die verlore pop soek nie. Die bediende sal die toilette skrop... Die kleintjies help, maar dikwels moet ek hulle 'gehelp' ook skoonmaak. Pappie help ook, maar word partykeer so kwaad vir die duisendste  glas melk wat hulle mors, dat dit dalk beter is, as hy nie help nie.

Hulle kry te veel roomys, en brood en sap..en..en..en... Dis net makliker.. Die weer is goed en die roomys kar kom elke dag en ek weet dis verkeerd..
Ek werk van die huis af, wat baie voordele het, maar hel , as 'n kind naby iemand se sjiffon rok kom, met die koukies of taai hande ....
Ek kan nog 'n duisend dinge noem wat my so laat kwaad word en pluk, die gehardloop en gegil die huis vol as daddy slaap nadat ek al 'n paar keer geraas het, die hare wat blykbaar nie gekam mag word nie,  ...

Nou die oggend het ek opgestaan en nog erger gevoel as die vorige tye, oor my Mammie-skills.
My jongste het waterpokkies gekry en ek het gesorg dat sy kry! Soos 'n slak gevoel.  Haar gesiggie is oortrek van die kolle.
I wanted to be cruel to be kind.  Haar pa het gehad toe hy ouer was en was baie siek, en ek het gedink dat as sy nou kry, sal dit nie so erg wees, as later nie. Ek wou help.  Maar toe voel ek soos 'n groot vet heks. Warts and all!.

Tot later....Piers Morgan tonight word 2 uur die nag by ons uit gesaai en ek record dit altyd. Die kinders het geslaap en Pappie was by die computer en ek het my ge-recorded dinge begin kyk.  Ek wens ek het nie. Die spesifieke een van Piers het gegaan oor Human trafficking. Ek wil nie eers die 2 woorde tik nie. Dit is 'n geweldige probleem.
Die een meisie waarmee hulle gepraat het, was 11 toe wat-ook-al gebeur het.  Haar ma was verslaaf aan drugs en haar pa was in die tronk. En sy het gedink iemand help en toe help hy homself... En so het die program aangegaan oor trafficking en rape en pimps en aan en aan en hulle vra hulp as mens iets sien of hoor en so aan. Dis te erg om te tik....

Ek besluit toe daar en dan:  Ek is nie naastenby 'n D nie.  Definitief 'n C of dalk , 'n B. Ek gaan nou nie push vir 'n A nie.  My B/C voel baie goed. Ek moet bysê, dat my kriteria vir 'n A so hoog is, in iemand anders se oê, sou 'n C, 'n B gewees het, en 'n B, 'n A,  maar ek dink nie 'n A-Ma bestaan nie.


-Ja, sy het nou waterpokkies en dis sleg, maar ek het net aan haar gedink. Nou is dit 'done and dusted'.
-Ja, hulle kry nou elke dag roomys, maar wanneer die weer draai, is dit ook klaar.
-Ek is daar, wanneer die skoolklok lui, want dit is hulle sekuriteit.
-My kinders sien nie my trane oor my pa nie nie, want 'n kind van 5 moenie soveel hartseer sien nie.
-Ek werk van die huis af. Gelukkig het ek daardie opsie.  My ma was by die huis; dis goed vir my kinders.
-Elke besluit was in die huis geneem word het hulle welstand in gedagte.  Alles gaan oor hulle op die einde van die dag.

-Ek is baie geduldig as 'n kind in die nag wakker word, dalk is ek te aan die slaap om enige-iets anders te wees.  Ek noem dit, omdat dit vir my so verassend is. 
-Ek worry oor hulle die hele dag, elke dag.  Het hulle maatjies?  Is die kosblik gepak? Word die skoolwerk verstaan? Weet hulle wie liewe Jesus is? Kan hulle veilig oor 'n straat kom?
-Ons gaan soveel huis toe, as moontlik. Dis baie lekker, maar eerlik sal ek sê driekwart daarvan is vir hulle part.  Hulle moet ouma en oupa ken. Hulle moet weet waar ons vandaan kom en SA sien soveel as moontlik. Hel, hulle moet weet wat regte sonskyn is.
-Ek 'fight a losing battle' met die Afrikaans, maar ek hou aan.


Ek weet nie wat ek alles vir my kinders doen nie. Ek weet nie wat om te noem nie. Ek dink omdat alles is ons lewe oor hulle gaan, blur dit 'n bietjie en kan ek nie alles pin point nie  Ek dink, ek sal nooit 'n beter ma wees, as my eie ma nie.  Ek sal vrede maak, met daardie punt. Maar as ek net so 'n goeie ma soos sy kan wees, sal alles oraait wees. Heelwaarskynlik, 'n ander tipe ma, met ander sienings, maar as ek geweet het, ek sal net so 'n goeie ma soos sy wees, dan, is 'n groot stryd gewen. Dan kan ek nou ophou worry en gaan tee maak....

Tuesday, 19 April 2011

Thursday, 14 April 2011

Markte

 Ek was nog altyd 'n sucker vir markte  Kyk wat nuut en interessant is. Kry insperasie. Allerhande lekker gebak en gebrou. Dis ook meer as dit.  Dis my mense. Mense wat doen en maak. Baie mal oor mense wat bereid is, om te 'try'.
Ek ondersteun ook altyd 'n paar tafels.  'n Vars plaasbrood hier, free range eiers daar.  Pannekoeke vir die kinders..


Wanneer ons Sa toe gaan, vat my suster ons altyd na grotes toe.  Om weer bietjie die siel te voed, want ek moet met trane in my navy blou oê sê, dat ons local markte nie kers kan vashou nie. Hier gaan dit dikwels

oor.. ek weet nie presies wat nie. Nie geld nie. Markte hier is dikwels, nie altyd nie, maar dikwels te klein . 10 mense verkoop eiers van die hoenders op hul erf, crêpes, hand gebreide musse, buns (cupcakes) en tuis gebakte sodabrood. Almal kuier net lekker saam vir 'n paar ure op 'n saterdag.

Ek en my kinders was weer pa-loos die naweek en het saterdag na die een in Beltra gegaan. Beltra is 10 minute van ons huis af. 'n Plaas gemeenskap. Dis die kleinste mark waarby ek al was. Ek dink die beste verkoper die oggend was koffie.
Ek en die kinders is lus om ook te gaan uitstal.  Weet nog nie wat nie.  Daar is altyd 'n vrees dat mense gaan dink die goed lyk simpel of cheap.
Daar lê net iets daarin om iets uniek te probeer maak en te gaan uitstal.  Trots op wat my hande kan produce.

                                 

Wednesday, 13 April 2011

Bybelstories van my kind

My jongste en ek sit in die kar en wag vir die oudste om uit die skool te kom, toe sy my van die Bybel stories vertel wat hulle vandag by die skool gehoor het:

 Bad men put Jesus on the cross, and there was crosses beside it and Moses came to see him. And then He died and Moses put Him in a tube and then Mary took away the big rock and He was missing.. And later Mary did see Him and told everybody so that they could have a big party..

Saturday, 9 April 2011

Brightly coloured

We moved almost a decade ago to this small island. One suitcase in hand. Ok, it was never just the one, but I am trying to make a point. Everything was foreign. Literally everything except, I suppose, the language, but then we didn't understand the accent sometimes.

Imagine that everything you see that looks foreign, is black and white and shades of grey, like the pictures in an old movie. Even the house that you now have to call home, is shades of grey. Somebody elses' funiture and pots and plates.  Everything grey. Your suitcase and the person waiting for you, is the only familiar, warm, brightly coloured images in the picture.
Imagine that you get a bit more comfortable with your new surroundings. The house:  your kitchen, the bed, the front door, etc.  is the first to get some colour. The colours looks more inviting now:  deep red, sunflower yellow, magenta, lilac... You get to know a few neighbours. They seem brighter and warmer as time goes on. Go for alot of walks: See alot of greens.
Your house, neighbours, post office and the grocery shops are the first to look brightly coloured after a while and as you walk in this grey town and you walk past grey figures whom you don't know and don't look like people you saw in your old life, you might see somebody you do know, a brightly coloured one.
The hospital and 2 children later is shades of pink and purple.

As time goes by, everything gets more familiar and less foreign. All the shops, roads, sea, .. The greys turn into rainbow colours, except the sky. It stays grey. The shades of grey just change.

We are here the best part of 10 years and life is pretty colourful now.

Friday, 8 April 2011

Moedersdag

Ons het Sondag, Moedersdag gehad. Elke jaar op my Ierlandse, Moedersdag, bel ek my ma en sê geluk en dat ek nou bel want ek weet nie wanneer dit Moedersdag in SA is nie. En elke jaar wanneer dit die regte Moederdag daar is, laat sy weet dat almal al gebel het, behalwe ek. Sy wonder maar net, of ek vergeet het ......

Ek het nie die tipe man van staan-vroeg-op-saam-met-die-kinders-en-gee-ontbyt-in-die-bed nie. Nee, ek het die tipe van kom-ons-slaap-laat-en-gaan-eet-uit-tipe.  En dit was 'n heerlike uiteet en 'n heerlike dag.  (En nee, hy lees nie die blog nie.  Dit was regtig lekker.) Ons almal het gaan plantjies soek vir die tuin, en toe gaan uiteet.  Die eerste keuse was vol, want Superman het nie bespreek nie.  Die tweede keuse nie so gesofistikeerd nie, (pizzahut) maar heerlik.  Baie lekker. 

Daarna het ek tydskrifte gekoop en in die bed geklim terwyl  die ander 3 die nuwe plantjies gaan plant het.

Thursday, 7 April 2011

kerke en ander sondes

Ek is so depressed oor die lewe en die dood dat ek desperaat nodig het om hardop te lag oor iets.  En het dit nou net gekry.  My suster se bloginskrywing.  Sy het sommer geskryf oor haar man se werk en die moeilike omstandighede waarin dit hulle plaas. Mense wat oordeel en veroordeel en so aan.. Depressing stuff.
Ek voel, rêrig, ek doen.. Maar dit was lag-uit-my-maag-uit-snaaks.
Snaaks oor hoe sy dit geskryf het en snaaks omdat ek weet hoe stupid, stupid, stupid mense kan wees.
Dit het my laat wonder oor wat ek glo en is ek die stupid een? 

As jy sensitief is, oor kerk en so aan, hou nou op lees.

Ek hou van kerk toe gaan. Dit is een van die min dinge wat my kalm maak.  Ek ken 'n paar mense daar en hulle laat my welkom voel. 'Wanted'. Soos ek hier sit, voel ek hoe lou ek is; ek gaan nie om te hoor watter boodskap God vandag vir my het nie. Of al die ander redes wat ek seker veronderstel is om te hê?  Ek gaan want dit maak my kalm. 

My ma bv. is van daardie generasie waar die dokter en die dominee op 'n pedestal geplaas word. Ek het daardie klas gebank, want ek is nie bewus van daardie reëls nie. My ma het ook al vir my gesê dat as ek slimmer was, sou ek bang gewees het vir my man. 
So dalk het ek gebank of dalk is ek bietjie stadig, maar ek is nie bang vir my man nie en nog minder bang vir wat die dominee gaan dink. Hy betaal nie my 'morgage' nie.. Ons dominee preek goed.  Hy weet baie. Partykeer sien hy my en partykeer nie. Ek hou baie van hom.  Maar as ek nie kerk toe gaan nie, gaan ek nie wonder wie kyk nie.  Ek klink nie goed nie.  Ek sit hier en wonder of ek reg is..


Die Katolieke priester/father op die dorp wou hê dat ek by sy huis na klere moet gaan kyk wat hy wil laat reg maak. Kan hy nie na my huis kom nie? En iemand in die kerk was besig om sy huis skoon te maak. Wie is hy? Belangriker: wie dink hy is hy?

Ek glo.  Maar ek het al my ander suster getext (nie die een wat funny blog nie) en gesê; iets is baie, baie verkeerd met die wêreld.  Kerke, wat kindermolestasie onder die mat invee (omdat dit nie goed is, vir die kerk se beeld nie?)
Kerke soms binne soos 'n Baal beeld lyk?
Hoekom praat alle predikante nie net normaal nie?  Party kan so 'n 'act' opsit.
Sal God rêrig 'n kind hel toe stuur as hy/sy nie gedoop is nie?
Hoekom; kerkklere? Hoekom nie net gaan soos jy is nie?

En preekstoele?
En togas?

Is ek  van 'n generasie, wat glo almal moet dieselfde wees en dieselfde behandel word? Of is dit net ek?
As my kinders ooit 'n dominee met 'n toga gaan sien, gaan hulle vra:  Why is he wearing a cape?  Can we expect magic tricks?

Saturday, 2 April 2011

Buy online

Gewoonlik skryf ek dinge wat ek nie gaan hardop sê nie, en nie noodwendig 'n 'comment' op wil hê nie. Wil nie veel 'followers' hê nie.  Ek wil dit net publiseer en in die hemelruim laat rond swerwe.

NIE HIERDIE KEER NIE.. Nou wil ek 'n duisend 'comments' hê.

Ek speel met die idee om iets of  baie 'ietsies' op e-bay te verkoop.  Ek het geen geluk met verkopery nie. Nog nooit gehad nie. Geen self vertrou daarin dat mense van my produkte gaan hou nie.  Ek kan baie dinge met sukses maak.. en dis waar dit ophou.
En probleem no. 2 is, dat ek op die oomblik nie 'n idee het, wat om te maak nie.

Kom ons noem my idee oor e-bay:  een van die dinge op my Bucket list. Ek is gepla met my Bucket list. 
Vir een maal in my lewe wil ek voel dat ek iets bied, wat mense wil koop.  'n Bietjie sukses hê. 

In Ierland kan ek nie sien, dat ek die selfde roete kan gaan as in SA nie, na markte gaan en van die huis af verkoop nie. En ek het kleintjies en 'n man wat baie werk. Winkels se pryse is baie, baie hoog, en ek wil probeer om dit so laag as moontlik te hou.  Die beste opsie dink ek, is die internet en ek kan ook nie 'n duisend van een ding aan hou nie, want ek het nie plek nie, daarom het ek gedink dat, as en op e-bay adverteer kan ek 'n iets wys en as dit dalk verkoop of nie verkoop nie, hoef ek nie noodwendig weer dieselfde te adverteer nie.