Tuesday, 29 March 2011

Sonskyn dae

 Die weer het bietjie gedraai en die afgelope paar dae was heerlik.  Hopelik is dit die begin van n goeie somer. Party beweer, hoe slegter die winter, hoe beter die somer. En dit was 'n yserige een.

Sonnige dae word gevier hier. Op goeie dae is die mense is soos miere in 'n hittegolf. Almal kry lewe. Almal is buite.  Was die karre.  Kinders ry fiets. Mense loop rivier toe.
Strande is vol mense met honde en kinders wat dink die water is warm genoeg vir swem. En as die eerste sonnige dae arriveer, word al die
dood gesneeude plante uit die tuin getrek om plek
te maak vir nuwes en die kwekerye is vol mense.




Elke jaar spandeer ons enorme bedrae aan plante en
blomme en as Kersfees kom, belowe ons dat ons nie
weer soveel gaan spandeer nie, want die goed vrek
in hierdie ongekende koues wat ons nou het.  Maar
na 'n 5 maande se koue lewe, kan ons nie onsself
help nie, en koop weer een van elke soort en kleur.

Ons het Sondag naby die huis gaan piekniek hou. Dit lyk maar nog vaal, maar baie lekker om son op jou vel te voel.

Saturday, 26 March 2011

Help grawe.

My man, wat my pyn moet aanhoor, probeer altyd hier en daar 'n grappie maak, in die hoop dat dit sal help.
Vanoggend sê ek vir hom, dat die verdriet in my hart, voel soos 'n diep gat waaruit ek nie kan kom nie en hy voel toe so hulpeloos en sleg vir my part en dat hy antwoord:  Ek is so jammer dat ek partymaal help grawe aan daardie gat...  LOL

(Vir die mense in die blogruim wat soos ek, ouer as 20 is, LOL, beteken LAUGH OUT LOUD. )
Voel silly om dit te gebruik, maar het gedink, dit lyk beter as: Ha Ha Ha.

Wednesday, 23 March 2011

Fokus verskuif

My eie pyn is 'n bietjie opsy geskuif.  Iemand wat ek goed ken, het groot probleme.
Ek worry vir hulle. 
 
My ma sou sê, mens moet vir hulle bid.  Dis letterlik al wat ek kan doen.
Wens ek kon 'n staffie swaai; hulle laat kom kuier. Bietjie Ierse lug laat in asem.

Monday, 21 March 2011

2 maande terug

Ons is 5 kinders. En my ma.. Dit was saterdag, 2 maande sedert my pa oorlede is.. Ek kan nie die D woord sê nie. Hy is net weg en oorlede..
Dis soos 'n groot seer wat toe gegaan het. Ek dink ek is oraait en dan gebeur iets, soos 'n kindjie wat vergeet dat hy oorlede is, en vra wanneer ons by ouma en oupa Don gaan kuier.. Of  niks gebeur nie en die blêddie ding gaan oop.  Ek het gedink, dat ek oraait is, en toe die 19de kom, het die seer weer heeltemal oop gegaan.  Ek onthou gewoonlik baie sleg, maar die dag en datum  is helder.  Dit was baie vroeg en die tellefoon het gelui en dood gegaan. Ek het gedink dat dit my man se werk is, tot my mobile ook lui. Dit het dood gegaan. En toe ek kyk watter nommer gebel het, was die texts wat ek eerste sien.
  Slegte, slegte texts.

Ek was nooit daddy's girl nie. Het nie op sy skoot gesit nie. Hy het nie stories vertel voor slaap tyd nie.. Baie stil ernstige mens..  'Sy wêreld is in sy kop', het my suster een maal opgemerk.  Baie dinge kon ek nie verstaan nie.  Toe ek klein was, kon ek nie verstaan hoekom hy so baie water drink nie.. Soos ek ouer geword het, het dinge beter begin gaan en het ek beter verstaan... 

  Dit was slegte, slegte texts.
Het huis toe gebel..
My ma het lankal vir my gesê om nie te kom, as iets gebeur nie, want ek is ver.
Ek was nie daar die afgelope maand toe hy in die hospitaal was nie. Almal het beurte gemaak om te gaan help, maar nie ek kon nie. Om te gaan, is die laaste kans om iets vir hom te kan doen. Ek het nie besef  hoeveel dit ander mense sal help as ek kan gaan nie..


Al is dit net om vir my broer wat oppad is, vir die roudiens, te verseker dat almal oraait is, en my ma lyk fine..vir nou..  Of daar te wees om vir my ma tee te maak. En koffie te gaan drink saam met my susters. Vir my broer wat ek nie baie sien nie, 'n druk te kan gee.

Dis een maal in my lewe dat ek bly is, my man verstaan nie hoe ek voel nie..
Ek het 'n breekte hart..  'n seer wat nie blêddie gesond word nie..

Verjaardag in die Pub

My jongste verjaar oor 'n paar weke, maar a.g.v 'n paar redes, het ons 'n partytjie vroëer, by familie in Ierland gehou.  My skoonsus sê nogal op 'n stadium:  Dis net in Ierland waar jy 'n kinderpartytjie in 'n Pub gaan hou.

In Ierland is dit waar jy lekker kos, teen 'n billike prys  en lekker atmosfeer gaan kry.
My kind was baie op gewonde, want sy sou dan ook haar verjaardagkoek daar kry.  Om dit vir haar spesiaal te maak, kon sy kies watter tipe koek sy kry, en met prentjies op die internet, kies sy toe 'n Burgerkoek.

'n Vriendin van ons het koeke gebak as 'n stokperdjie en toe sy haar werk moes opgee a.g.v. die land se finansiële probleme en sy dit haar werk gemaak.


Nou bak sy 'Novelty cakes' vir 'n lewe.  (ek wonder of dit nie die beste ding is, wat met haar kon gebeur nie, want dit is 'n talent wat gewys moet word.)

Die uitdrukking op my kind se gesig toe sy die koek sien, was 'priceless'..

Thursday, 17 March 2011

St. Patrick's day

Vandag is St. Patrick's day.  Ek kan nie meer die hele storie onthou nie, maar weet dit laat almal goed voel om Iers te wees.. In die groter dorpe en stede word 'n hele optog gehou.  Die meeste mense drink baie vandag. Sal graag al die geld wil hê, wat vandag in Pubs spandeer word.  Al die Pubs bedien groen Guinness en die bakery maak alles groen wat groen kan kom.  

Ons gaan nie elke jaar nie, want dis nog koud en mens staan ure buite langs 'n pad en daar is hordes mense, maar het gedink die kinders sal dit geniet.  So, ons is vroeg na ons naaste groot dorp toe.  Vroeg genoeg sodat ons kan parkeerplek kry, voor die strate toegespan word en al die mense instroom.  Ek hoor daar was vandag meer as 600 000 mense by Dublin se optog gewees.

Die een is darem bietjie kleiner.  Die kinders was baie opgewonde en het 'badges' by die skool gemaak en snaakse groen dinge in die hare gehad. Pret.
Elke jaar is dit bietjie anders.  Een jaar was daar 'n surkus in die dorp en toe het hulle van die olifante in die optog gehad.  Die mooiste is altyd die doedlesakspelers met hulle mooi kilts. (kilt's??).  Hulle kom gewoonlik van Noord Ierland af  vir die dag.  Vandag was daar vrouens wat soos gypsies lyk, wat gedans het en vlotte met karakters uit die animasie flieks wat nou hier wys.  Orkeste met die mooiste univorms aan.  Al die klubs wat hulleself wou adverteer: sokker, girl scouts, gimnastiek, ens..  Die kinders het die Brandweerwaens baie geniet en daar was
'n vlot wat 'n bokskryt voor gestel het, met die huidige
politikuste wat teen mekkaar boks.
Die Iere het 'n sin vir humor.



Kan nie als onhou nie, o ja, en 'n organisasie wat vrede op aarde 'promote' het en vlaggies van al die lande wat hulp nodig het, uitdeel het, Een van my kinders het 'n vlaggie van Irak gekry en ek sien toe daar is ook vlaggies van Suid-Afrika.  Het gedink dis interessant..

Wednesday, 16 March 2011

Die Pole

Het Poolse bure gehad, voor ons huis gekoop het. Hulle het 'n seun van 11 en het weer swanger geraak.  Sy text om te sê klein seuntjie Max is gebore.  Ek moet kom kuier.

As al die Pole so is, is dit 'n wonderlike nasie.

Was een keer daar vir ete. 'n Paar van hulle poolse vriende was ook daar...ewe vriendelik.  Bietjie anders as die Iere en Engelse.  Klomp kos wat nie bymekkaar pas nie, op die tafel.  Een bak was 'n funny mengel-tipe-slaai met ham en gesnyde pannekoeke  in. Almal sit om die tafel en vodka drink.. Vodka en dan lemoensap.  Nie saam nie.

Hulle verstaan nie dat ek niks drink nie.  Dit is nie in hul woordeskat nie.  Ek gee altyd die verkorte weergawe, maar met hulle het ek my lang waarheid vertel.. ok, ok  you drink your coka cola. Met hulle dik aksent wat klink soos Tom Hanks in Terminal. 

In elk geval, ek was vandag by my Poolse vriende met persente vir die iedie biedie body, Max.  Hulle het 'n tafel gedek met koek en chocolates. Net vir die kuier. Gasvry. Stel rerig belang en lag altyd vir my, oor hoe flou ons koffie drink. It's a joke, it's a joke. you drink boiling water. (met 'n dik aksent).
Ons moet meer gaan...

Tuesday, 15 March 2011

Demanding follower

Ek het 'n follower, and it turned out to be a very demanding one.  Will have to 'blog' more to keep this one happy..

Monday, 14 March 2011

Betaal sal jy betaal

Ek weet nie wat om te skryf en of ek iets moet sê nie, so met die witbrood onder die arm.
My man het 'n baie beter werk hier, as wat hy in SA gehad het.  'n Beter toekoms, maar dis 10:30 en hy is nog nie by die huis nie. Dit het niks met geld of oortyd te doen nie; sekere foute kan net sekere tye reg gemaak word, a.g.v. produksie ens. D.w.s. naweke is ook skaars.

Die kinders mis hom baie. Om hom nie vir 'n dag/dae te sien nie, is vir hulle erg.


Beter lewensgehalte, teen 'n prys.

Sunday, 13 March 2011

The dressmaker in town

Ek is 'n rokmaker. (as daar so 'n woord in afrikaans bestaan).  Die mense hier noem my die: Dressmaker of the village.  Voel belangrik.  Ek is 'the go to person'.

Elke Kersfees kry ek 'n kaaskoek want ek is deel van die village se besigheidsmense.  Ek lag, want die dorpie is baie, baie, klein. Hier is seker 7 besighede in die dorp:  'n Haarkapper, skoonheidssalon, kaffee, 3 pubs, 'n verwer en 'n dressmaker.   Dit is snaaks en belaglik, maar ek kry steeds my kaaskoek.

Ek voel belangrik.  Ek voel belangrik, want ek lewer 'n diens wat baie mense nodig het. Ek word waardeer (gewoonlik).  Min ander mense in Ierland doen dïe tipe werk.  En dit in 'n land waar mense. baie waarde heg aan klere en baie goed aantrek wanneer hulle uitgaan en baie, baie geld uit haal vir troues.  A nice skill to have..

Nie 'n 'glamorous' werk nie.  Ek sit alleen en verstel klere vir die lyf wat mense wil hê, maar nie noodwendig het nie.  Hulle wil nie asem haal in die klere nie; hulle wil goed lyk.

Jy moet 'n diplomaat wees, as jy moet verduidelik dat 'n 16 lyf nie in 'n 10 kan inkom nie. Of die velletjies onder jou arms gaan wys, as jy 'n boobtube dra. Of jy is 78 jaar oud. Jy kan nie met 'n tiener se klere, troue toe gaan nie. Diplomatiek is nie 'n talent van my nie, veral nie as my woorde in engels vertaal moet wees nie. 

Hare op jou tande vir besigheid. Dit kan ondankbaar wees, as mense nie jou prys wil betaal nie. Hulle dink dit moet minder wees, want dis ou klere.  Same amount of work.. same amount of work..

Dit kan soms eensaam wees. Ek werk alleen. Dis net ek en die klere. Niemand om mee te praat nie.  Niemand om raad te vra nie.  My ma wat 10 000 km ver is, sal soms oor die foon raad gee.  Niemand hier om te vra nie. Rokke en lap is soms peperduur en al wat ek kan doen, is om staat te maak op my opleiding en te bid vir die beste.

But still, ek kry my kaaskoek elke jaar..

Saturday, 12 March 2011

SO UNFAIR

Life is so fucking unfair.

Ons Vrydagaand is heerlik rustig.  Vrydae kom daddy vroeër van die werk af.  Speel met die kinders.
Ons het Chinese (kos) bestel en vir die Simpsons gesit en lag.  Alhoewel dit koud is buite, is die huis lekker verhit.  Daddy het vir die kinders 'n storie gelees en hulle slaap lekker rustig.  Ons het TV gekyk soos enige ander Vrydag aand.

En iewers in Queensland sit mense sonder 'n huis.. Japan is in 'n  'ongoing' gemors en my ma sit elke aand
alleen...

Waar is die 'justice'?

Monday, 7 March 2011

Skoonsus verjaar

Heerlik! 
My skoonsus (ook in Ierland) het verjaar en 'n grooot tafel bespreek vir al die Suid-Afrikaners wat sy ken.  In die eerste plek was dit 'n groot treat om na 'n "proper" restaurant te gaan, want dis gewoonlik te duur.  En die kos was heerlik. Steak, sampioene, prawns, pavlova, ens.

Dit was ook lekker tussen mense van my wêreld.  Dit was so lekker om vir een aand net een taal te praat en te lag vir dieselfde grappe. Stories te vertel waarmee almal kan identifiseer:  Rugby en visvang sonder 'n permit, my suster en die 'Hadron collider', regte egte strande..

Die huis het 'n bietjie nader gevoel.

Sunday, 6 March 2011

Hulle wêreld is groot

Baie interessant hoe anders my kinders groot word, van hoe dit was, toe ek hulle ouderdom was. My wêreld was speel oorkant die straat, kinderkrans en huis. Ek kan nie veel onthou nie, maar ek kan dit onthou. Daar was die see. Ons was daar en een ander plek: Oorsee. n Ander plek...net een plek.  Ek het daarvan geweet, want my ma het altyd gesê dat sy wil graag gaan.

My kinders se wêreld is anders en baie, baie groter. Hulle weet "oorsee" is duisende ander plekke en mense en kosse en tale. Ek dink ook dat hulle bewus is, van kultuurverskille.  Nie seker hoeveel hulle verstaan nie.  Dalk nog te klein.

Hulle is nog klein, maar die oudste maak 'n "boek" waarin elke bladsy 'n ander land voorstel met die mense van daardie land, geteken. Party is donkerder, ander tipes klere of ander oë .. Hulle weet watter diere kom net in sekere lande voorkom. Wat sekere nasies eet:  snaakse kosse in die ooste, biltong in die vrieskas want die kaffee het dit nie.  Ha ha. Hulle weet al in watter lande sekere stede is, New York, London, Rome, Toronto...  Australië is 'n baie groot eiland en 'n mens noem dit 'n kontinent. Tel in Spaans, groet in Italiaans..

Ek weet nie of my kinders se wêreld so groot is, en dat hulle so bewus is van die wêreld, omdat ons in Europa bly, of omdat Mammie en Daddy nie van hierdie land is nie. Seker 'n kombinasie. Maatjies gaan met vakansie en bring iets saam. Die juffrou gaan soms in Ghana skool gee. Mammie en Daddy was in London. Vlieg gereëld huis toe, en hulle wil altyd weet oor watter land ons vlieg en in watter stad ons oorklim.

En so bou klein atlassies in daardie koppies. Daar is baie maniere waarop ek as 'n ma druip, maar dit lyk my iets wat vir my belangrik is, het by hulle uitgekom. Grand!

Thursday, 3 March 2011

Buurvrou verstaan nie

 Kersfees was koud. Seker nie 'n Rusland-koud nie, maar definitief 'n Suid-Afrikaanse-helkoud. Dik gesneeu. Na 'n Kersfees weg, het ons na 'n huis sonder water terug gekom. Pype het gevries en dinge het gebars.  My man is handig. Die handigste handig waaraan ek kan dink. Hy het magic gedoen, maar aan gevrieste pype onder die grond, kan nie eens hy iets doen nie. Skottelgoed is na die buurvrou gevat. (Sy het water gehad) Wasgoed is elders gewas en danksy Superman se talente kon ons in ons eie huis stort en naderhand wasgoed was en alles, met van die buurvrou se water...


Om 'n baie lang ingewikkelde storie kort te maak:  My man het die probleem laat weggaan. Vir 'n ma met klein kindertjies en 'n vuil-wasgoed-fobia was dit 'n helse verligting.

Buurvrou is baie oulik. 'n Oujong nooi. Nice vrou, maar toe ek haar sê dat dit omtrent die mees romantiese ding
is, wat my man op hierdie stadium van my lewe kon doen, het sy gesê:  That's the most depressing thing I have ever heard... Ek het nie bedoel om depressing te klink nie.  Jy gaan verder met my kom as jy eers hoover, as wanneer jy 'n bottel wyn oop maak of roosblare strooi. Dis Ierland:  Roosblare maak gemors en ek moet skoonmaak.

Blomme of  tjoklets gaan net fokol help as die kinders nie meer skoon klere het nie of as die toilet verstop nie, maar my man het gehelp..my Superman..

Waar my talente lê

Dink dae lank hoe om te begin. Woorde swem in my kop rond en die regte sinne wil nie vorm nie.

Gee my 'n kwilt of 'n trourok. 'n Pophuis of verf.  Skryf is nie my talent nie... 

My naam is Stephanie.  Ek is 'n Suid-Afrikaner in Ierland. Getroud. Blykbaar is een van my talente ook om die regte man te trou. 'n Baie goeie talent om te hê; was nie altyd bewus van daai een nie.  Ek het 'n paar pragtige, stout, cute, ongehoorsame klein Suid-Afrikaanse Iere. (as so iets bestaan)


Lees laas week iewers, ons word ex-pats genoem. Well, life is more complicated than that, my dear.. Het in SA by 'n tronk gewerk.  Hierdie lewe was ons lig aan die einde van die tonnel.

Nou leef ek 'n "blizzfully boring" lewe. En boring word nie sleg bedoel nie. Dit beteken: veilig en secure en standvastig en predictable.. Lekker!