Wednesday, 27 April 2011

C graad Ma

Toe ek klein was, het ek geweet, as ek by my ma is, is ek veilig. Nooit ooit, het my ma my aan daardie feit laat twyfel nie.  Daar is nie baie herinneringe van toe ek baie klein was nie, maar die gevoel wat ek kan onthou, is 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit en liefde van my ma.. My trane val op die keyboard, want ek dink aan kinders wat nie veilig is, by mammie nie. Nie 'n ma het nie, ma slaap rond, ma is op drugs, ma het 'n pimp.

Ek is die laaste kind en 'n laatlammetjie en toe ek klein was, het ons (my ma en pa en ek) op kere by vriende van my ma-hulle op 'n plaas gaan kuier.  Daardie tyd het ek gedink dit is snaakse mense:  Alles was oud en die huis was binne en buite groen geverf.. Daai oudtydse Klerksdorp-hospitaalgange-groen.   Dit was baie lekker om te gaan en na die varke te gaan kyk en hulle het baie vrugtebome gehad, 'n groot erf en so aan, maar ek wou nie in die huis wees waar hulle kuier nie. Die mense het gerook en die woonkamer sou half rokerig wees en die oom se tande was geel, met stukke goud in.  Die tannie was vriendelik, maar haar stem was grof, wat my bang gemaak het. Nou weet ek dat dit van te veel rook was.
As ek binne moes sit, het ek reg by my ma gesit, want dit het my veilig laat voel. As sy en die tannie, kombuis toe is, is ek saam.  As ek terug dink was dit 'seker 'n normale situasie, maar ek kan onthou dat ek ongemaklik was, maar by my ma was ek fine. My ma sou sorg.
Daar was natuurlik volwassenes waarby ek soms alleen was en  heeltemal op my gemak was, soos die tannie langaan met die dogter in die rolstoel. En my maatjie voor ons se ma en pa en ouma was baie nice. Alhoewel, noudat ek daaroor dink, toe ek in Matriek was, het ek die oom weer gesien en hy het heelwat anders na my gekyk....
Die mense op die plaas was seker net anders as die mense waaraan ek gewoond was.

Tot vandag toe kom min dinge by die herinnering, om my ma in haar groen karretjie te sien wag as die skoolklok lui.
Die jongste van 5 beteken dat ek die laaste is om hoender te kies en mag nie van wat-ook-al kry nie, want dis net genoeg vir die groter kinders. Maar met my verjaarsdae het my ma 'n tafel gemaak met alles waarvan ek baie hou..
En my  ma het altyd soveel moeite gedoen, met klere wat sy vir my gemaak het. En my ma het altyd iets lekkers in die vrieskas.
Ek kan aangaan en aan gaan oor die stabiliteit en liefde en alleeeees wat my ma vir my gedoen en gegee het.

En dit bring my tot my punt:  Ek voel so dikwels met my eie kinders dat ek in my moer in misluk.
Die verantwoordelikheid is so enorm. Op my beste dag het ek demons, maar op die stadium is dit nog moeiliker om al die skroewe vas gedraai te hou, want as 'n kind huil oor Daddy gaan werk het, wil ek skree: Jou pa is net by die werk, hy kom weer terug. Maar ek sê niks.
Ek is 'n gemiddelde ma, as ek myself moes punte gee, 'n C of 'n D. Party keer, as dit die duisendste maal is, wat ek raas oor iets, en my kinders weer nie luister nie, en ek myself verloor, is dit 'n D, dalk 'n E. Average or below average in die kompetisie van ma wees...

Ek is kwaai.  Ek het baie daaroor gedink en gewonder hoekom van my en my 2 susters, is ek die kwaaiste en het die presiese wortel ontdek:  Ek is die Ousie.  Ek het nie die luxury om te dink die bediende sal die skottelgoed in die sitkamer kry nie, of die verlore pop soek nie. Die bediende sal die toilette skrop... Die kleintjies help, maar dikwels moet ek hulle 'gehelp' ook skoonmaak. Pappie help ook, maar word partykeer so kwaad vir die duisendste  glas melk wat hulle mors, dat dit dalk beter is, as hy nie help nie.

Hulle kry te veel roomys, en brood en sap..en..en..en... Dis net makliker.. Die weer is goed en die roomys kar kom elke dag en ek weet dis verkeerd..
Ek werk van die huis af, wat baie voordele het, maar hel , as 'n kind naby iemand se sjiffon rok kom, met die koukies of taai hande ....
Ek kan nog 'n duisend dinge noem wat my so laat kwaad word en pluk, die gehardloop en gegil die huis vol as daddy slaap nadat ek al 'n paar keer geraas het, die hare wat blykbaar nie gekam mag word nie,  ...

Nou die oggend het ek opgestaan en nog erger gevoel as die vorige tye, oor my Mammie-skills.
My jongste het waterpokkies gekry en ek het gesorg dat sy kry! Soos 'n slak gevoel.  Haar gesiggie is oortrek van die kolle.
I wanted to be cruel to be kind.  Haar pa het gehad toe hy ouer was en was baie siek, en ek het gedink dat as sy nou kry, sal dit nie so erg wees, as later nie. Ek wou help.  Maar toe voel ek soos 'n groot vet heks. Warts and all!.

Tot later....Piers Morgan tonight word 2 uur die nag by ons uit gesaai en ek record dit altyd. Die kinders het geslaap en Pappie was by die computer en ek het my ge-recorded dinge begin kyk.  Ek wens ek het nie. Die spesifieke een van Piers het gegaan oor Human trafficking. Ek wil nie eers die 2 woorde tik nie. Dit is 'n geweldige probleem.
Die een meisie waarmee hulle gepraat het, was 11 toe wat-ook-al gebeur het.  Haar ma was verslaaf aan drugs en haar pa was in die tronk. En sy het gedink iemand help en toe help hy homself... En so het die program aangegaan oor trafficking en rape en pimps en aan en aan en hulle vra hulp as mens iets sien of hoor en so aan. Dis te erg om te tik....

Ek besluit toe daar en dan:  Ek is nie naastenby 'n D nie.  Definitief 'n C of dalk , 'n B. Ek gaan nou nie push vir 'n A nie.  My B/C voel baie goed. Ek moet bysê, dat my kriteria vir 'n A so hoog is, in iemand anders se oê, sou 'n C, 'n B gewees het, en 'n B, 'n A,  maar ek dink nie 'n A-Ma bestaan nie.


-Ja, sy het nou waterpokkies en dis sleg, maar ek het net aan haar gedink. Nou is dit 'done and dusted'.
-Ja, hulle kry nou elke dag roomys, maar wanneer die weer draai, is dit ook klaar.
-Ek is daar, wanneer die skoolklok lui, want dit is hulle sekuriteit.
-My kinders sien nie my trane oor my pa nie nie, want 'n kind van 5 moenie soveel hartseer sien nie.
-Ek werk van die huis af. Gelukkig het ek daardie opsie.  My ma was by die huis; dis goed vir my kinders.
-Elke besluit was in die huis geneem word het hulle welstand in gedagte.  Alles gaan oor hulle op die einde van die dag.

-Ek is baie geduldig as 'n kind in die nag wakker word, dalk is ek te aan die slaap om enige-iets anders te wees.  Ek noem dit, omdat dit vir my so verassend is. 
-Ek worry oor hulle die hele dag, elke dag.  Het hulle maatjies?  Is die kosblik gepak? Word die skoolwerk verstaan? Weet hulle wie liewe Jesus is? Kan hulle veilig oor 'n straat kom?
-Ons gaan soveel huis toe, as moontlik. Dis baie lekker, maar eerlik sal ek sê driekwart daarvan is vir hulle part.  Hulle moet ouma en oupa ken. Hulle moet weet waar ons vandaan kom en SA sien soveel as moontlik. Hel, hulle moet weet wat regte sonskyn is.
-Ek 'fight a losing battle' met die Afrikaans, maar ek hou aan.


Ek weet nie wat ek alles vir my kinders doen nie. Ek weet nie wat om te noem nie. Ek dink omdat alles is ons lewe oor hulle gaan, blur dit 'n bietjie en kan ek nie alles pin point nie  Ek dink, ek sal nooit 'n beter ma wees, as my eie ma nie.  Ek sal vrede maak, met daardie punt. Maar as ek net so 'n goeie ma soos sy kan wees, sal alles oraait wees. Heelwaarskynlik, 'n ander tipe ma, met ander sienings, maar as ek geweet het, ek sal net so 'n goeie ma soos sy wees, dan, is 'n groot stryd gewen. Dan kan ek nou ophou worry en gaan tee maak....

4 comments:

  1. Elke kind van ons het ander "ma-optredes" nodig, maar liefde en sekuriteit en gebed vir ons kinders, glo ek is wat die ding doen. En kinders het ook maar bietjie opdraende nodig om hulle eie lifeskills te ontwikkel, ma's kan nie altyd daar wees nie. Soos elkeen van my kinders uit die huis moes gaan, terug SA toe om te gaan swot, kon ek terugkyk en sien waar en hoe ek as "ma" gevaar het. Ons as ma's rate onsself laag, maar ek's seker in jou kinders se oe is jy beslis 'n "A" mamma.

    ReplyDelete
  2. Ek ken jou vandat jy in Standerd 4 was. Die een ding weet ek: Jy is die beste ma vir jou twee dogtertjies wat hulle ooit voor kon vra. Hulle gaan eendag net sulke uitstekende blogs oor hulle bedonnerde mammie kan skryf.

    ReplyDelete