Thursday, 14 April 2011

Markte

 Ek was nog altyd 'n sucker vir markte  Kyk wat nuut en interessant is. Kry insperasie. Allerhande lekker gebak en gebrou. Dis ook meer as dit.  Dis my mense. Mense wat doen en maak. Baie mal oor mense wat bereid is, om te 'try'.
Ek ondersteun ook altyd 'n paar tafels.  'n Vars plaasbrood hier, free range eiers daar.  Pannekoeke vir die kinders..


Wanneer ons Sa toe gaan, vat my suster ons altyd na grotes toe.  Om weer bietjie die siel te voed, want ek moet met trane in my navy blou oê sê, dat ons local markte nie kers kan vashou nie. Hier gaan dit dikwels

oor.. ek weet nie presies wat nie. Nie geld nie. Markte hier is dikwels, nie altyd nie, maar dikwels te klein . 10 mense verkoop eiers van die hoenders op hul erf, crêpes, hand gebreide musse, buns (cupcakes) en tuis gebakte sodabrood. Almal kuier net lekker saam vir 'n paar ure op 'n saterdag.

Ek en my kinders was weer pa-loos die naweek en het saterdag na die een in Beltra gegaan. Beltra is 10 minute van ons huis af. 'n Plaas gemeenskap. Dis die kleinste mark waarby ek al was. Ek dink die beste verkoper die oggend was koffie.
Ek en die kinders is lus om ook te gaan uitstal.  Weet nog nie wat nie.  Daar is altyd 'n vrees dat mense gaan dink die goed lyk simpel of cheap.
Daar lê net iets daarin om iets uniek te probeer maak en te gaan uitstal.  Trots op wat my hande kan produce.

                                 

8 comments:

  1. Jy moet tog net een keer die water toets en gaan uitstal, ek dink jy mag net verras wees oor die reaksie?

    ReplyDelete
  2. Gaan Saterdag. Geen, geen hoop.. Ander tipes goed as in SA, verkoop. Ons sal kyk. Daai mooi geverfde goed op die hout wat ons gesien het, sal nooit verkoop nie. Ek wil maak waarvan ek hou en dis dalk die probleem.

    ReplyDelete
  3. Vinnig gou by jou ingeloer. Ek vind die venue baie interessant, was dit 'n ou kerkie of skool?

    ReplyDelete
  4. Het uitgevind dat dit deur Creichton familie gebou is, omtrent 'n 100 jaar terug. Dit was gebou as 'n Community hall vir 'amateur dramatics' en so aan. Binne lyk dit soos ek 'n skoolsaal ken: 'n saal gedeelte met'n verhogie. Dit is 'n piepklein dorpie en nie elke dorp hier het so iets nie. Die gevoel wat die plek my gegee het, was lekker.

    Hoop om weer eendag 'n reply van jou op iets van my te kry.

    ReplyDelete
  5. Hello. Ek sou dink dat jy maak waarvan jy hou. Dalk hou sommer baie ander ook daarvan! en jy hoef mos net 'n bietjie te maak, so vir die begin!
    Sterkte!! Geniet dit! Dis tog waaroor dit eintlik gaan!

    ReplyDelete
  6. Thanks, ek het gemaak waarvan ek hou en gaan dit more neem. Dankie vir die advies.

    ReplyDelete
  7. Dankie vir die inligting oor die saal, ek lief plekke se ou geskiedenis :-)

    ReplyDelete