Ons het Sondag, Moedersdag gehad. Elke jaar op my Ierlandse, Moedersdag, bel ek my ma en sê geluk en dat ek nou bel want ek weet nie wanneer dit Moedersdag in SA is nie. En elke jaar wanneer dit die regte Moederdag daar is, laat sy weet dat almal al gebel het, behalwe ek. Sy wonder maar net, of ek vergeet het ......
Ek het nie die tipe man van staan-vroeg-op-saam-met-die-kinders-en-gee-ontbyt-in-die-bed nie. Nee, ek het die tipe van kom-ons-slaap-laat-en-gaan-eet-uit-tipe. En dit was 'n heerlike uiteet en 'n heerlike dag. (En nee, hy lees nie die blog nie. Dit was regtig lekker.) Ons almal het gaan plantjies soek vir die tuin, en toe gaan uiteet. Die eerste keuse was vol, want Superman het nie bespreek nie. Die tweede keuse nie so gesofistikeerd nie, (pizzahut) maar heerlik. Baie lekker.
Daarna het ek tydskrifte gekoop en in die bed geklim terwyl die ander 3 die nuwe plantjies gaan plant het.
No comments:
Post a Comment