Die volgende lys mag dalk vir iemand interessant wees.
As dit kom by vloek/gekruide taal, is daar nog meer lyste, maar ek voel nie om nou alles te noem nie. Dit is 'n nasie wat nie soveel omgee om te vloek en so aan nie.
Woorde/uitdrukkings wat in Ierland gebruik word:
Bold Stout/cheeky kind
buns cupcakes
done and dusted enige taak wat afgehandel is
Wee klein. Small wee baby.
Potty Mal oor.... I'm potty for chocolate. Kinders praat gewoonlik so.
Hoover Uitsuig (soos met 'n stofsuier.) I am hoovering.
'n Lad 'n Man of seun. My man praat dikwels van die 'lads' by die werk
Din-dins Die grootste ete van die dag. Gewoonlik in die middag.
tea 'n kleiner ete, bv. 'n broodjie in die aand
Lights Verkeerslige/robot
Round about Sirkel in die pad
Shyt en Fekken Blykbaar nie vloekwoorde nie, maar beteken dieselfde
Sorted Uitgesorteer
Doors down Bv. 4 Doors down. 4 huise ondertoe/4 winkels weg
Knickers broekie
Fags Sigarette
telly TV
shed 'n Stoor- of werksplek in die tuin
hob Stoof
cooker Oond
grand Alles is reg/jy is reg. Moenie worry nie.
bollocks Kak, soos in: He talked bollocks
loads baie. I had loads of fun.
your man Enige man van wie jy nou praat
full up/stuffed Versadig
knackered Baie, baie moeg
couldn't be arsed/
couldn't be bothered Kan nie 'n hel omgee nie
eejit Idioot, maar blykbaar nie so 'offensive' om iemand so te noem nie.
thanks a million Baie, baie dankie.
jobshite fool
just after having Het nou net......bv. geƫet. Just after having lunch.
he is me arse As jy iemand nie glo nie.
messing Iemand wat droog maak, 'n gemors maak
only rising you Iemand mok
She is a gas. Sy is hope pret.
mobile Selfoon
Roasting As jy baie warm kry. It is roasting outside. of: I am roasting.
No comments:
Post a Comment