Friday, 3 June 2011

Ek is nog hier

Ek het lanklaas iets getik. Ek wil net laat weet dat ek nog hier is. Die Europese somer is my besigste tyd. Almal trou en moet 'n trourok kry en die wat nie trou nie laat gordyne korter maak, kry vakansie klere reg, begrawe iemand, laat kinders doop of woon die genoemde troues by. En as ek sĂȘ hulle doen dit, dan bedoel ek, alles wat iets met lap te doen het, kom na my toe, om te doen.
En dis nie noodwendig dat die werk sooooveel is nie. (Die slegte ekonomie het my ook getref). Dis net alles saam:  kinders en 'n man en 'n huis om skoon te hou en dinge vir die mark en kosmaak en wasgoed en my werk, is alles saam baie om te hanteer. Dan bly die blog agter.

Ek hoop om een van die dae bietjie meer tyd vir kry vir skryf.

1 comment:

  1. Skoonsus, jy raak skaars! Moenie dat die trourokke jou verstrengel nie!!!

    ReplyDelete