Ek wou lankal iets sê van die man saam met wie ek slaap. Toevallig is dit ook die man met wie ek getroud is. Die pa van my kinders en my beste vriend. Ek kry net nie die sinne geformuleer nie.
Ek lees toe 'n blog van 'n dominee wat praat oor mans wat...hoe sal ek dit nou sê...nie hulle vrouens baie mooi behandel nie. Soos my ma sou sê: "So and So's".
En besluit toe dat ek net sal begin tik en kyk wat kom uit.
My man kan 'n helsem wees! Jy wil nie saam met hom ry nie. Road rage is 'n under statement.
Hy hou nie van mense nie. Dis 'n probleem. Hulle is orals.
Hy is 'n perfeksionis in wat hy doen en maak, wat baie probleme vir almal veroorsaak.
Hy kan nie iets oopmaak en die verpakkings materiaal weggooi nie. Dit bly daar lê. As hy iets kry om te eet, word die bestanddele op die kas gelos.
Hy is 'n control freak. As ek sê dit strykyster is af, gaan maak hy weer seker. As die kinders iets het, soos, let wel: verkoue.. crack hy op. Hy kan dit nie hanteer nie. Hy slaap nie. Hy is moerig. Hy is mislik. Die kinders raak bang, want hulle begin dink verkoue is ernstig. Hulle verstaan nie, dat dit net pappie is, wat nie beheer oor die situasie het nie. Dis nag in die huis. Red 'n volk!!!
Hy is ook my beste pêl.
Ek sê altyd ek het ierland toe getrek met my eie, bouer, plumber, elektrisien, verwer, carpenter....
Hy is die ou wat sorg dat ek my ma-hulle een maal 'n jaar kan sien.
Hy is die ou wat sorg dat ons 'n goeie fliek het om te kyk op valentyns dag.
Hy is die ou wat elke jaar ons troudag onthou.
Hy is die ou wat help in die huis as dinge te veel word.
Hy is die ou wat oorvat en die kinders versorg as ek siek is.
Hy is die ou wat die ga-ga werk doen en sê dat hy dit eerder doen as wat ek vuil word.
Hy is die ou wat vir my die nuutste exclusive lego systems koop. (Ek is 'n lego freak).
Hy is die ou wat jy by jou wil hê, as die kar langs die pad breek. Hy kan 'n engine reg maak met 'n skroewedraaier en 'n rol tape. Ok, ek oordryf, maar hy is baie goed.
Hy is die ou wat die kinders in die bed sit en snaakse stories opmaak.
Hy is die ou wat wakker bly as ek koors het, om te kyk of ek oraait is.
Hy is die ou wat eerder sy hande sal breek as om my seer te maak.
Hy is baie ou wat sy moer suur werk, om vir ons 'n goeie lewe te gee.
Hy is die ou wat vir my enige iets kan bou, sodat ek my kreatiewe drome kan uitleef.
Hy is die ou wat sy laaste stukkie kos vir die kinders sal gee.
Hy is die ou wat ure saam met sy kinders speel.
Hy is die ou wat homself minder gee, sodat hy sy kinders meer kan gee.
Hy is die ou wat verkies om laaste te gaan slaap, sodat hy weet ons is oraait voor hy ook sy oë toemaak.
Hy is die ou na wie jy kan gaan met enige probleem, en heel moontlik vir jou 'n goeie oplossing sal hê.
Hy is ook my beste vriend.
Ag Dollie, dis so mooi .....
ReplyDeleteNet die waarheid
ReplyDeleteAg skryf nou weer bietjie iets, toe?
ReplyDelete