Ek ken iemand wat altyd so bly is, dat haar kinders weer skool toe is. Sy sê hulle maak haar klaar. Hulle luister nie, gedra hulle nie. Hardloop die plek vol. Eet die huis leeg..
Ek het daarna besluit dat ek nie daai ou gaan wees nie. Ek wil my tyd by my kinders geniet. Hulle het nou 2 maande vakansie gehad. Hulle het laat opgestaan en partykeer eiers en toast vir ontbyt gekry, want dis vakansie. Hulle nefie het bietjie kom kuier. Ons was strand toe. Hulle het piekniek gehou en baie gespeel. Ons het gaan fliek. En dis tye soos dan, wanneer ek so bly is dat ek by die huis is, om dit vir hulle te kan doen.
Die nuwe skooljaar het Donderdag, die 1ste September begin.en ek het so gewens ek kon hulle nog 'n dag by die huis kon hou.
Ek dink dis partykeer so 'n blêddie eensame harde werk om ma te wees. Die moeilikste situasies is my verantwoordelikheid.
Ek begin ook dink dat ek te veel voel. Ek dink dis hoekom ek so depressed word. Ek voel alles diep.
(Dit was 'n goeie ding toe my pa oorlede is. Ek het vir 'n tyd baie min gevoel. Dit was wonderlik. Die 'beste' weke van my lewe. Ek het gedink niks is so erg soos wat nou net gebeur het nie. Niks anders maak so saak nie.Dit het my vry gemaak van my.)
Maar met tyd het ek daardie ability weer verloor-ongelukkig..
Ons het rolle in die huis en een van myne is om siek kinders dr toe te vat en tandartse wat gebreekte tandjies trek en ek moet saam met die kind daardeur kom. My oudste se afsprake by die voetdokter en die OT. Bloed trekkings en die sielkundige wat sê dat sy dink my kind het 'n intelegensie probleem. Gewoonlik is dit ek wat hulle emergency toe vat, soos die keer toe sy swine flu gehad het, en ek kon sien iets is baie groot fout met die kind of die keer toe die ander een blaasontsteking gehad het en in Ierland word antibiotika eers na 4 dae gegee..
Deels is die reling so, omdat dit makliker vir almal is, as ma gaan want pa werk en deels is dit my attempt om die huis aan mekkaar te hou, want pappie val letterlik uit mekkaar uit as iets fout is, met die kinders. Sy wêreld bliksem inmekkaar en ek moet al my emosionele krag gebruik om als aanmekkaar te hou.
Dis fine. Ek is sterk, maar Donderdag was moeilik. My kinders in hulle splinternuwe pinafors, reg vir skool. Ek ry weg van die skool af en my lewe val uit mekkaar. Ons het nie eiers en toast geëet nie. Net stupid-dis-tyd-vir-skool-pap. Ek het gewens my ma is naby vir tee..
Groete uit Engeland, hoop jy voel beter vanaand :)
ReplyDeleteSkoonsus- die lewe is rof op 'n Ma! Een van die dae is jou ma darem naby vir tee...
ReplyDeleteStonemaidendiaries is een van my vriendinne!
Het gewonder oor Stonemaidendiaries...
ReplyDeleteag dollie as jy nou nader was kon ons opmekaar se skouers gehuil het..
ReplyDelete