Monday, 21 March 2011

2 maande terug

Ons is 5 kinders. En my ma.. Dit was saterdag, 2 maande sedert my pa oorlede is.. Ek kan nie die D woord sê nie. Hy is net weg en oorlede..
Dis soos 'n groot seer wat toe gegaan het. Ek dink ek is oraait en dan gebeur iets, soos 'n kindjie wat vergeet dat hy oorlede is, en vra wanneer ons by ouma en oupa Don gaan kuier.. Of  niks gebeur nie en die blêddie ding gaan oop.  Ek het gedink, dat ek oraait is, en toe die 19de kom, het die seer weer heeltemal oop gegaan.  Ek onthou gewoonlik baie sleg, maar die dag en datum  is helder.  Dit was baie vroeg en die tellefoon het gelui en dood gegaan. Ek het gedink dat dit my man se werk is, tot my mobile ook lui. Dit het dood gegaan. En toe ek kyk watter nommer gebel het, was die texts wat ek eerste sien.
  Slegte, slegte texts.

Ek was nooit daddy's girl nie. Het nie op sy skoot gesit nie. Hy het nie stories vertel voor slaap tyd nie.. Baie stil ernstige mens..  'Sy wêreld is in sy kop', het my suster een maal opgemerk.  Baie dinge kon ek nie verstaan nie.  Toe ek klein was, kon ek nie verstaan hoekom hy so baie water drink nie.. Soos ek ouer geword het, het dinge beter begin gaan en het ek beter verstaan... 

  Dit was slegte, slegte texts.
Het huis toe gebel..
My ma het lankal vir my gesê om nie te kom, as iets gebeur nie, want ek is ver.
Ek was nie daar die afgelope maand toe hy in die hospitaal was nie. Almal het beurte gemaak om te gaan help, maar nie ek kon nie. Om te gaan, is die laaste kans om iets vir hom te kan doen. Ek het nie besef  hoeveel dit ander mense sal help as ek kan gaan nie..


Al is dit net om vir my broer wat oppad is, vir die roudiens, te verseker dat almal oraait is, en my ma lyk fine..vir nou..  Of daar te wees om vir my ma tee te maak. En koffie te gaan drink saam met my susters. Vir my broer wat ek nie baie sien nie, 'n druk te kan gee.

Dis een maal in my lewe dat ek bly is, my man verstaan nie hoe ek voel nie..
Ek het 'n breekte hart..  'n seer wat nie blêddie gesond word nie..

1 comment:

  1. Ek het dieselfde oorgekom hier in Duitsland. Ons was presies ´n jaar hier en my ma-hulle het saamgekom hiernatoe. Sy was siek. Sy moes dit al jare geweet het want ´n mens kry nie net kanker en gaan drie weke later dood nie. Ek was kwaad vir myself want ek het dit nie agtergekom nie. Ek was kwaad omdat ek nie genoeg tyd met haar gehad het nie. Ek was kwaad omdat die lewe so k@k is. Ek het nog tyd met haar nodig gehad of miskien het sy nog tyd met my nodig gehad en ek het nie veel tyd deur my lewe gehad met my vier kinders en die plaas en alles nie. Ek is kwaad omdat ek dit as ´n verskoning gebruik. Daar is altyd tyd, hoekom laat ons as mense toe dat die lewe ons so beheer dat ons vergeet wat die belangrike dinge in die blêrrie lewe is. `n Mens besef dit eers wanneer dit te laat is. Ek huil nou nog oor dit en ek is nog steeds kwaad vir myself. Ek is woedend. Baie woedend!!!!

    ReplyDelete