Monday, 7 March 2011

Skoonsus verjaar

Heerlik! 
My skoonsus (ook in Ierland) het verjaar en 'n grooot tafel bespreek vir al die Suid-Afrikaners wat sy ken.  In die eerste plek was dit 'n groot treat om na 'n "proper" restaurant te gaan, want dis gewoonlik te duur.  En die kos was heerlik. Steak, sampioene, prawns, pavlova, ens.

Dit was ook lekker tussen mense van my wêreld.  Dit was so lekker om vir een aand net een taal te praat en te lag vir dieselfde grappe. Stories te vertel waarmee almal kan identifiseer:  Rugby en visvang sonder 'n permit, my suster en die 'Hadron collider', regte egte strande..

Die huis het 'n bietjie nader gevoel.

2 comments:

  1. Jy moet nooit sê jy kan nie skryf nie.. Ek is mal oor jou blog!!

    ReplyDelete
  2. Sê vir my, hoe het julle in Ierland beland? Jaaaa, die Hadron Collider! Het jy geweet dat hulle nou onlangs die Higgs faktor gevind het. Die ding wat niks in iets kan verander??? Dit sal seker nie nou weer geopenbaar word nie want dit sal vir christendom baie goed wees nie want dit bewys dat alles met die BIG BANG ontstaan het. Dit moet nice wees om so almal bietjie bymekaar te kan kom en oor dinge te kan gesels in mens se eie taal. Ons het ook ´n paar suidafrikaners hier leer ken maar dit was ongelukkig nie afrikaans sprekende mense nie en het in totale ander sirkels beweeg as ons, so ons is alleen hier in hierdie plek van snaakshede. Ons het dit tot nou toe alles reggekry om te oorleef en sal ook ter wille van ons kinders dit verder doen.

    ReplyDelete