Thursday, 17 March 2011

St. Patrick's day

Vandag is St. Patrick's day.  Ek kan nie meer die hele storie onthou nie, maar weet dit laat almal goed voel om Iers te wees.. In die groter dorpe en stede word 'n hele optog gehou.  Die meeste mense drink baie vandag. Sal graag al die geld wil hê, wat vandag in Pubs spandeer word.  Al die Pubs bedien groen Guinness en die bakery maak alles groen wat groen kan kom.  

Ons gaan nie elke jaar nie, want dis nog koud en mens staan ure buite langs 'n pad en daar is hordes mense, maar het gedink die kinders sal dit geniet.  So, ons is vroeg na ons naaste groot dorp toe.  Vroeg genoeg sodat ons kan parkeerplek kry, voor die strate toegespan word en al die mense instroom.  Ek hoor daar was vandag meer as 600 000 mense by Dublin se optog gewees.

Die een is darem bietjie kleiner.  Die kinders was baie opgewonde en het 'badges' by die skool gemaak en snaakse groen dinge in die hare gehad. Pret.
Elke jaar is dit bietjie anders.  Een jaar was daar 'n surkus in die dorp en toe het hulle van die olifante in die optog gehad.  Die mooiste is altyd die doedlesakspelers met hulle mooi kilts. (kilt's??).  Hulle kom gewoonlik van Noord Ierland af  vir die dag.  Vandag was daar vrouens wat soos gypsies lyk, wat gedans het en vlotte met karakters uit die animasie flieks wat nou hier wys.  Orkeste met die mooiste univorms aan.  Al die klubs wat hulleself wou adverteer: sokker, girl scouts, gimnastiek, ens..  Die kinders het die Brandweerwaens baie geniet en daar was
'n vlot wat 'n bokskryt voor gestel het, met die huidige
politikuste wat teen mekkaar boks.
Die Iere het 'n sin vir humor.



Kan nie als onhou nie, o ja, en 'n organisasie wat vrede op aarde 'promote' het en vlaggies van al die lande wat hulp nodig het, uitdeel het, Een van my kinders het 'n vlaggie van Irak gekry en ek sien toe daar is ook vlaggies van Suid-Afrika.  Het gedink dis interessant..

2 comments: