Dink dae lank hoe om te begin. Woorde swem in my kop rond en die regte sinne wil nie vorm nie.
Gee my 'n kwilt of 'n trourok. 'n Pophuis of verf. Skryf is nie my talent nie...
My naam is Stephanie. Ek is 'n Suid-Afrikaner in Ierland. Getroud. Blykbaar is een van my talente ook om die regte man te trou. 'n Baie goeie talent om te hê; was nie altyd bewus van daai een nie. Ek het 'n paar pragtige, stout, cute, ongehoorsame klein Suid-Afrikaanse Iere. (as so iets bestaan)
Lees laas week iewers, ons word ex-pats genoem. Well, life is more complicated than that, my dear.. Het in SA by 'n tronk gewerk. Hierdie lewe was ons lig aan die einde van die tonnel.
Nou leef ek 'n "blizzfully boring" lewe. En boring word nie sleg bedoel nie. Dit beteken: veilig en secure en standvastig en predictable.. Lekker!
Ek is so bly jy het begin blog. Awesome.
ReplyDeleteDis so waar, daai adrenalien lewe daar onder in SA is iets van die verlede. Die onttrekkings simptome was al te naar, want dit was vir ons so boring, maar nou is dit lekker hier in duitsland, tussen die biersuipers en wors vreters, maar ons is nog ons. Ons sal vir ewig Suid Afrikaners bly want ons kan net nie van kultuur verander nie. Ons walk the walk en talk the talk maar shit ons vloek nog in ons eie taal en ek belowe jou daar is niks so kras soos Suid Afrikaanse vloekwoorde nie. Dit besef ek nou, ek sien nou eers hoe krag en vieslik ons eintlik is....but I love it!
ReplyDeleteBliksem, dit klink goed...
ReplyDelete