Wednesday, 16 March 2011

Die Pole

Het Poolse bure gehad, voor ons huis gekoop het. Hulle het 'n seun van 11 en het weer swanger geraak.  Sy text om te sê klein seuntjie Max is gebore.  Ek moet kom kuier.

As al die Pole so is, is dit 'n wonderlike nasie.

Was een keer daar vir ete. 'n Paar van hulle poolse vriende was ook daar...ewe vriendelik.  Bietjie anders as die Iere en Engelse.  Klomp kos wat nie bymekkaar pas nie, op die tafel.  Een bak was 'n funny mengel-tipe-slaai met ham en gesnyde pannekoeke  in. Almal sit om die tafel en vodka drink.. Vodka en dan lemoensap.  Nie saam nie.

Hulle verstaan nie dat ek niks drink nie.  Dit is nie in hul woordeskat nie.  Ek gee altyd die verkorte weergawe, maar met hulle het ek my lang waarheid vertel.. ok, ok  you drink your coka cola. Met hulle dik aksent wat klink soos Tom Hanks in Terminal. 

In elk geval, ek was vandag by my Poolse vriende met persente vir die iedie biedie body, Max.  Hulle het 'n tafel gedek met koek en chocolates. Net vir die kuier. Gasvry. Stel rerig belang en lag altyd vir my, oor hoe flou ons koffie drink. It's a joke, it's a joke. you drink boiling water. (met 'n dik aksent).
Ons moet meer gaan...

2 comments:

  1. Kan nie vertel hoe geniet ek jou stories nie! baie beter as om te wag vir 'n kuier of sms of telefoonoproep. Op die manier klim ek pens en pootjies in jou sak en leef alles mee.

    ReplyDelete
  2. Ek weet, die Pole is nice. Die Duitsers haat die Pole. As enige iemand weer vir my gaan sê dat ons die arme swartes so k@k behandel het gaan ek hulle uitskrou as rassiste. Wie is nou eintlik die rassiste?

    ReplyDelete