Kersfees was koud. Seker nie 'n Rusland-koud nie, maar definitief 'n Suid-Afrikaanse-helkoud. Dik gesneeu. Na 'n Kersfees weg, het ons na 'n huis sonder water terug gekom. Pype het gevries en dinge het gebars. My man is handig. Die handigste handig waaraan ek kan dink. Hy het magic gedoen, maar aan gevrieste pype onder die grond, kan nie eens hy iets doen nie. Skottelgoed is na die buurvrou gevat. (Sy het water gehad) Wasgoed is elders gewas en danksy Superman se talente kon ons in ons eie huis stort en naderhand wasgoed was en alles, met van die buurvrou se water...
Om 'n baie lang ingewikkelde storie kort te maak: My man het die probleem laat weggaan. Vir 'n ma met klein kindertjies en 'n vuil-wasgoed-fobia was dit 'n helse verligting.
Buurvrou is baie oulik. 'n Oujong nooi. Nice vrou, maar toe ek haar sê dat dit omtrent die mees romantiese ding
is, wat my man op hierdie stadium van my lewe kon doen, het sy gesê: That's the most depressing thing I have ever heard... Ek het nie bedoel om depressing te klink nie. Jy gaan verder met my kom as jy eers hoover, as wanneer jy 'n bottel wyn oop maak of roosblare strooi. Dis Ierland: Roosblare maak gemors en ek moet skoonmaak.
Blomme of tjoklets gaan net fokol help as die kinders nie meer skoon klere het nie of as die toilet verstop nie, maar my man het gehelp..my Superman..
hahahaha.......jy´s genuine die grapkas!
ReplyDelete