Tuesday, 29 March 2011

Sonskyn dae

 Die weer het bietjie gedraai en die afgelope paar dae was heerlik.  Hopelik is dit die begin van n goeie somer. Party beweer, hoe slegter die winter, hoe beter die somer. En dit was 'n yserige een.

Sonnige dae word gevier hier. Op goeie dae is die mense is soos miere in 'n hittegolf. Almal kry lewe. Almal is buite.  Was die karre.  Kinders ry fiets. Mense loop rivier toe.
Strande is vol mense met honde en kinders wat dink die water is warm genoeg vir swem. En as die eerste sonnige dae arriveer, word al die
dood gesneeude plante uit die tuin getrek om plek
te maak vir nuwes en die kwekerye is vol mense.




Elke jaar spandeer ons enorme bedrae aan plante en
blomme en as Kersfees kom, belowe ons dat ons nie
weer soveel gaan spandeer nie, want die goed vrek
in hierdie ongekende koues wat ons nou het.  Maar
na 'n 5 maande se koue lewe, kan ons nie onsself
help nie, en koop weer een van elke soort en kleur.

Ons het Sondag naby die huis gaan piekniek hou. Dit lyk maar nog vaal, maar baie lekker om son op jou vel te voel.

1 comment: